Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Dodetal styg ná motorbom in Somalië

In die jongste van ’n string dodelike aanvalle het ’n ontploffing in Mogadisjoe, hoofstad van Somalië, Saterdagoggend die lewe van minstens 90 mense geëis.

Die ontploffing waarin talle beseer is, het by ’n besige beheerpunt plaasgevind.

Reddingswerkers het lyke verby die wrak van ’n motor en ’n minibustaxi wat met bloed besmeer was, gedra.

Niemand het onmiddellik verantwoordelikheid vir die ontploffing aanvaar nie, hoewel Al-Sjabaab gereeld sulke aanvalle uitvoer. Al-Sjabaab is ’n Islamitiese groep wat aan Al-Kaïda verbind word en wat probeer om die regering omver te werp wat steun van die Verenigde Nasies geniet.

Die Horing van Afrika word sedert 1991 deur konflik gekenmerk toe stamhoofde die destydse diktator, Siad Barre, uit die kussings gelig en daarna teen mekaar gedraai het.

Sabow Ali (55), ’n ooggetuie wat naby die beheerpunt woon, sê hy het die ontploffing gehoor. Hy het 13 mense getel wat dood is.

“Talle mense wat beseer is, het geskree om hulp, maar die polisie het dadelik begin skiet. Ek is maar eerder weer vinnig huis toe.”

Diegene wat beseer is, is na die Medina-hospitaal vervoer. - Reuters

Kyk hier na nog foto's.


Meer oor:  Mogadishu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.