Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Missielaanval in Jemen tref kinders in bus

Lugaanvalle deur ’n koalisie gelei deur Saoedi-Arabië het Donderdag tot die dood van talle mense in Jemen se noordwestelike Saada-provinsie gelei, insluitende kinders wat in ’n bus gery het.

’n Seun lê in ’n hospitaal in Jemen ná ’n lugaanval Donderdag waarin talle mense dood of beseer is.Foto: Reuters/Naif Rahma

Dit is volgens bronne in Jemen en van die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis (ICRC).

Die ICRC sê die bus met die kinders is getref terwyl dit deur ’n mark in die noorde van Saada gery het. Dosyne lyke en beseerdes is deur hospitale ontvang is.

Dit is nie duidelik presies hoeveel kinders dood is en hoeveel lugaanvalle Donderdag in dié gebied in die noorde van Jemen naby die grens met Saoedi-Arabië uitgevoer is nie.

Abdoel-Ghani Najeb, hoof van Saada se departement van gesondheid, sê die dodetal het reeds tot 43 gestyg, met 61 wat beseer is.

“Talle dood, selfs meer beseer, meeste jonger as tien jaar oud,” twiet Johannes Bruwer, hoof van die ICRC se afvaardiging na Jemen.

’n Koalisie wat deur die Weste gesteun word en wat Jemen se Hoethi-rebelle, ’n bondgenoot van Iran, in die visier het, sê die lugaanval het missiellanseerders geteiken wat gebruik word om die nywerheidstad Jizan in die suide van Saoedi-Arabië mee aan te val, luidens ’n verklaring van die staatsnuusagentskap SPA.

Die Hoethi’s is daarvan beskuldig dat hulle kinders as ’n menseskild gebruik. – Reuters

“Vandag se aanval in Saada was ’n legitieme militêre operasie en is uitgevoer terwyl internasionale humanitêre wette nagekom is,” lui die verklaring in Arabies.

’n Man hou ’n seun vas wat Donderdag in ’n lugaanval in die noorde van Jemen beseer is.Foto: Reuters/Naif Rahma

Saoedi-Arabië en sy bondgenote, wat ook uit Sunni-Moslems bestaan, veg al langer as drie jaar teen die Hoethi-rebelle in Jemen, wat meestal uit Sjia-Moslems bestaan, die noorde beheer en wat die regering in 2014 in ballingskap gedwing het.

Duisende lugaanvalle is al uitgevoer in die veldtog om pres. Abdrabboe Mansoer Hadi, leier van die regering wat internasionaal erken word, in sy amp te herstel.

Dié militêre alliansie voer aan dat hy nie burgerlikes teiken nie. Die alliansie het ’n ondersoekkomitee oor beweerde sterftes weens lugaanvalle aangestel, wat grootliks die koalisie van enige skuld onthef het.

Die Hoethi’s het die afgelope jaar verskeie missielaanvalle op Saoedi-Arabië uitgevoer.

Die oorblyfsels van ’n missiel wat vroeër in ’n aanval op Jizan gebruik is, het Woensdag tot die dood van een burger van Jemen gelei, en 11 burgers van Saoedi-Arabië is beseer, het die Saoediese staatsmedia Donderdag berig.

Meer as 10 000 mense is al in die oorlog in Jemen dood, meer as twee miljoen is ontheem en die land is tot op die rand van hongersnood gedryf, volgens die Verenigde Nasies.

Meer oor:  Jemen  |  Saoedi-Arabië  |  Bus  |  Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.