Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Missiele afgevuur op Tel Aviv

Vir die eerste keer sedert die oorlog tussen die Palestyne en Israel in 2014, is Tel Aviv in Israel Woensdagnag geteiken deur missiele wat van Gaza afgevuur is.

Israel het Donderdagnag in weerwraak 100 teikens in Gaza getref.

Israel se weermag sê twee missiele wat op die land se grootste metropolitaanse gebied afgevuur is, het albei op oop stukke grond geval, berig CNN. Hamas is van die aanval beskuldig, maar Hamas en die Islamitiese Djihad het dit ontken.

Egiptiese bemiddelaars het gesê ’n skietstilstand heers sedert Vrydagoggend, maar dit is nog nie amptelik aangekondig nie, berig Haaretz.

gaza
'n Palestynse seun sit Vrydagoggend op 'n plek in Gaza-stad wat oornag gebombardeer is. Foto: Reuters

Die aanval uit Gaza kom twee weke voor die nasionale verkiesings in Israel.

Sirenes het Vrydagoggend in Sderot in die suide van Israel en in die gebied Sha’ar Hanegev afgegaan. Israel se weermag het gesê drie van die vier projektiele wat van Gaza afgevuur is, is deur die ysterkoepel-veiligheidsnet onderskep.

Van die 100 teikens wat Israel in Gaza aangeval het, was Hamas se hoofkantoor in Gazastad, ’n ondergrondse missielbasis en verskeie militêre terreine.

Die gesondheidsdiens in Gaza het gesê ’n man en ’n vrou is in hul huis in Rafah beseer. Niemand is aan Israel se kant beseer nie.

Hamas het daarop gewys dat daar op die oomblik ’n afvaardiging van Egipte in Gaza is en dat hulle daarom nie missiele sou afvuur nie. Egipte probeer ’n om langtermynoplossing tussen die Palestyne en Israel te onderhandel, berig CNN.

Hamas sê hy ondersoek die voorval en het onderneem om “stappe te doen teen diegene wat verantwoordelik daarvoor is”.

Lede van die Verenigde Nasies en Egipte is in kontak met albei partye en probeer voorkom dat “die situasie buite beheer raak”. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.