Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mnangagwa ingehuldig as president
Pres. Emmerson Mnangagwa tydens ’n vorige geleentheid in Zimbabwe. Foto: Getty Images

Emmerson Mnangagwa het Sondag die eed afgelê as Zimbabwe se nuwe president.

Die land se konstitusionele hof het Vrydag bevestig dat Mnangagwa die nuwe president is nadat die verkiesing deur die opposisieleier, Nelson Chamisa, betwis is.

Duisende mense, waarvan sommige met busse van buite die Harare aangery is, het saam met afgevaardigdes in die nasionale stadion byeengekom vir Mnangagwa se inhuldiging.

Mnangagwa het die eed afgelê voor hoofregter Luke Malaba, wat saam met agt ander konstitusionele hofregters Chamisa se aansoek ter syde gestel het.

Slegs ure voor Mnangagwa se inhuldiging het die Amerikaanse International Republican Institute (IRI) en die National Democratic Institute (NDI) gesê Zimbabwe het ’n gebrek aan “’n verdraagsame demokratiese kultuur” waarby politieke partye gelyk hanteer word en burgers toegelaat word om vrylik te stem.

Amerika het aangedui verskeie reis- en finansiële sanksies teen senior amptenare in die regerende party, insluitende Mnangagwa, sal vir eers nie opgehef word nie.

Die Europese Unie (EU) het egter meeste sanksies teen die land afgeskaf. Die EU-sanksies geld steeds vir oudpres. Robert Mugabe en sy vrou, Grace. - Reuters

Meer oor:  Emmerson Mnangagwa  |  Zimbabwe  |  Nuus  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.