SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Wêreld
Mnangagwa keer terug na Zimbabwe

Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe, wat op 'n buitelandse besoek is, het op Twitter aangekondig dat hy nie die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Davos gaan bywoon nie en liewer terugkeer huis toe.

Mnangagwa, wat onder hewige kritiek van die opposisie deurgeloop het omdat hy in Rusland was toe onluste in sy land uitgebreek het, skryf sy eerste prioriteit is om "Zimbabwe kalm, stabiel en weer werkend" te kry. Hy beskryf sy buitelandse besoek as "hoogs produktief".

Hy sê verder Mthuli Ncube, Zimbabwe se minister van finansies, sal die WEF in sy plek bywoon.

Chaos het verlede week in Zimbabwe uitgebreek nadat Mnangagwa op Saterdag 12 Januarie op televisie 'n 150%-verhoging in die brandstofprys aangekondig het. Die volgende dag het Zimbabwiërs die strate ingevaar terwyl Mnangagwa na Rusland vertrek het.

Hy het die brandstofprys glo verhoog in die hoop om die tekort aan valuta te verlig en in ’n poging om die land se ergste ekonomiese krisis in ’n dekade die hoof te bied.

Mense is glo in Zimbabwe geskiet en aangerand, terwyl die land se internettoegang afgeskakel is.

Meer oor:  Emmerson Mnangagwa  |  Switserland  |  Zimbabwe  |  Davos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.