Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Moesonreën in Nepal eis 30 lewens

Altesaam 15 mense het gedurende die nag in blitsvloede en grondstortings in Katmandoe in Nepal weens die moesonreën gesterf, terwyl 12 beseer en nog 18 ander vermis word.

Twee Nepalese waad deur die vloedwaters in ’n straat in Katmandoe, terwyl een sy motorfiets onder die water saamtrek. Foto: AP

Dit bring die dodetal sedert Donderdag op 30 te staan, het amptenare aan Reuters gesê.

Die Kosirivier in die ooste van die land, wat na Indië vloei, het reeds die gevaarmerk verbygesteek.

Dié stygende rivier is vir beide lande ’n ernstige bron van kommer. Sedert die rivier sy walle in 2008 oorstroom het, is sy loop verander. Destyds het die oorstromings meer as twee miljoen mense in Bihar geraak en 500 het gesterf.

Dertig van die 56 sluise in ’n keerdam in die Kosirivier naby die grens tussen Indië en Nepal is reeds oopgemaak en reddingswerkers is ontplooi om mense uit die gebied te ontruim.

Die weerkantoor het inwoners gemaan om op ’n gereedheidsgrondslag te wees omdat die moesonreën nog voortduur.

“Al reën dit minder in sommige areas, moet mense steeds baie versigtig wees omdat daar ’n groot kans op swaar reën Sondag is,” het Bibhoeti Pokharel, ’n amptenaar, gesê.

Hoewel die moesonreën jaarliks grondstortings en vloede veroorsaak en menselewens eis, is Nepal se 30 miljoen inwoners afhanklik van dié reën om te boer.

- Reuters

Reddingswerkers neem vroue en kinders in die oorstroomde Katmandoe in Nepal na veiligheid. Foto: Reuters
’n Man beweeg verby gassilinders in ’n oorstroomde straat in Katmandoe, Nepal. Foto: Reuters

Meer oor:  Nepal  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.