Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mosambiekse minister nie meer uitgelewer

Die uitlewering van Mosambiek se voormalige minister van finansies, Manuel Chang, is gestaak nadat dit blyk dat Chang dubbele immuniteit onder die Mosambiekse wet het.

Manuel Chang. Foto: Argief

Ronald Lamola, die minister vir justisie en korrektiewe dienste, het Saterdag in ’n verklaring aangekondig

dat hy Vusi Madonsela, die direkteur-generaal van die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling, gemagtig het om dokumente in te dien in reaksie op Chang se dringende aansoek om nie aan Mosambiek se owerhede oorgegee te word nie.

Hierdie dokumente sal die voormalige minister van justisie se besluit om Chang aan Mosambiek uit te lewer omkeer.

Netwerk24 het vroeër berig dat Michael Masutha, wat ten tyde die minister van justisie en korrektiewe dienste was, in Mei besluit het om Chang aan Mosambiek uit te lewer om in sy tuisland verhoor te word, en nie aan Amerika nie.

Chang staan tereg weens sameswering om bedrog te pleeg.

Die aantygings teen hom spruit uit ’n bedrogspul wat verband hou met lenings van ongeveer $2 miljard wat glo deur die Mosambiekse regering gewaarborg is sonder dat dit openbaar gemaak is. Chang het na bewering hiervoor miljoene dollars se omkoopgeld ontvang.

Hy is in Desember in Suid-Afrika in hegtenis geneem nadat die Amerikaanse owerhede ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik het. - News24


Meer oor:  Manuel Chang  |  Ronald Lamola  |  Mosambiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.