Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Moskee dank werker af oor foto’s van hom in frokkie

’n Afgedankte gebedsroeper (muezzin) van die Al-Jazzar-moskee in die Israeliese stad Acre pleit om sy werk terug te kry nadat plaaslike amptenare op foto’s van hom in ’n liggaamsbou-frokkie afgekom het.

Die foto’s van Ibrahim al-Masri is in 2017 tydens ’n staatsliggaamsboukampioenskap geneem.

’n Foto van Ibrahim al-Masri in ’n stywe frokkie.Foto: Reuters

“Elke sport het ’n spesifieke kleredrag. Sokker het sy eie, tennis het sy eie, swem het sy eie. Dieselfde geld vir liggaamsbou,” het Al-Masri gesê oor die draad-dun frokkie wat deelnemers aan dié sportsoort gewoonlik dra.

“Ek sou nooit kon droom dat dít sal gebeur nie. Maar Israel is ’n demokratiese land, en as iemand ’n fout maak, kan hulle dit regstel,” het Al-Masri gesê.

Volgens hom is dit ook nie reg om een fout met ’n ander te probeer regstel nie.

Ongeveer 20% van die Israeliese burgers is Arabies. Plaaslike amptenare wat aan dié land se ministerie van binnelandse sake rapporteer, hou toesig oor moskees en ander nie-Joodse godsdienstige instellings.

’n Woordvoerder vir die ministerie beweer dat Al-Masri in “ooreenstemming met al die reëls” afgedank is en het geweier om verder kommentaar te lewer. Die moskee wou ook nie kommentaar lewer nie en het vrae na die ministerie verwys.

Al-Masri het gesê die besluit om hom af te dank is geneem deur ’n beampte wat dit as ’n ongelooflike skande beskou dat ’n godsdienswerker aan hierdie tipe kompetisie deelneem.

“Toe hulle die besluit geneem het, het hulle net die drag gesien en nie die persoon agter dit nie,” het Al-Masri gesê.

Dié 46-jarige se stem is deel van die alledaagse bestaan in Acre, waar hy Moslems vyf keer per dag oor luidsprekers bo-op die moskee na hul gebede geroep het. – Reuters


Meer oor:  Moskee  |  Afdanking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.