Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Moskee-skieter kom in Christchurch aan vir vonnisoplegging

Die man wat verlede jaar 51 Moslem-aanbidders doodgeskiet het in ’n slagting wat gelei het tot ’n wêreldwye veldtog teen haat, het Sondag in Christchurch, Nieu-Seeland, aangekom vir sy verhoor.

Brenton Harrison
Brenton Harrison verskyn Maandag in die distrikshof in Christchurch, Nieu-Seeland. Foto: AP

Brenton Tarrant is van die Paremoreno-tronk in Auckland in ’n vliegtuig van die Nieu-Seelandse lugmag na Christchurch gebring waar die skietery plaasgevind het, berig die New Zealand Herald.

Televisie-beeldmateriaal wys hom in ’n beskermende baadjie en ’n helm waar hy deur gewapende offisiere begelei en in ’n wit voertuig gelaai word.

Tarrant, wat glo ’n witheerssugtige is, het skuld beken op 51 aanklagte van moord, 40 van poging tot moord en een van terrorisme.

’n Hof in Christchurch begin vandag sy vonnisverhore waar oorlewendes van die aanval en gestorwenes se familielede verklarings sal doen oor watter impak die aanval op hulle gehad het.

Tarrant word gevonnis nadat hy ’n verklaring afgelê het. Moord word hier met lewenslange tronkstraf gestraf. Die regter kan ’n lewenslange vonnis oplê met die moontlikheid van vrylating, maar dit is nog nooit gedoen nie.

’n Polisiewoordvoerder wou nie op Tarrant se bewegings reageer nie en het Reuters na die departement van korrektiewe dienste verwys. ’n Woordvoerder wou weens “openbare en operasionale veiligheid” nie kommentaar lewer nie. – Reuters

Meer oor:  Brenton Tarrant  |  Nieu-Seeland  |  Christchurch  |  Moskee  |  Terreuraanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.