Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Moskee-skieter se ouma praat

Die familie van ’n Australiese man sê hulle is geskok oor sy beweerde betrokkenheid by die menseslagting van 50 Moslemaanbidders in Nieu-Seeland.

Brenton Tarrant (28) het reeds Saterdag op aanklag van moord in die hof verskyn. Daar het hy ’n handgebaar omhoog gehou wat glo met wit heerskappy vereenselwig word.

Die aanval op twee moskees in Christchurch is regstreeks op Facebook uitgesaai en Tarrant is volgens sy eie plasings op sosiale media ’n wit heerskappy-aanhanger wat gekant is teen immigrante.

Sy Ouma, Marie Fitzgerald, het volgens The Straits Times aan Channel Nine Network gesê die familie “weet nie wat om te dink nie.”

“Dit is baie om te verwerk dat iemand in ons familie so iets kon doen,” het Fitzgerald gesê.

Volgens haar was dit eers toe hy oorsee begin reis het dat hy “verander” het.

A woman places flowers at a memorial as a tribute
'n Vrou sit blomme neer ter nagedagtenis aan die lewensverlies in moskee-skietery. Foto: Reuters

Tarrant het onder meer Turkye twee keer besoek waar hy Turkse burgers gewaarsku het “dat hulle geen plek in Europa het nie”.

Hy is nie gevra om te pleit of ’n borgtogaansoek te bring nie en sal en sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning op 5 April.

Nog klagte sal na verwagting by die klagstaat teen hom gevoeg word.

Twee ander mense wat in verband met die skietery in hegtenis geneem is, is nog nie aangekla nie, berig die New Zealand Herald.

Polisie-owerhede vermoed Tarrant was die enigste skieter en het alleen opgetree.

Vrydag het die polisie se bom-eenheid sy woonplek in Dunedin deursoek.

Intussen haas owerhede in Nieu-Seeland om die oorskot van die slagoffers aan hul families terug te besorg.

CNN berig ingevolge Moslemtradisie moet ’n oorledene so gou as moontlik na sy dood begrawe word, verkieslik binne 24 uur.

Die eerste minister, Jacinda Adern, het Sondag gesê owerhede het reeds begin om die lyke wat geïdentifiseer is aan hul naasbestaandes terug te besorg. Sy het gesê al die families behoort teen Woensdag die oorskot van hul geliefdes te hê.

Kinders en ou mense tot die ouderdom van 71 jaar tel onder die slagoffers wat dood is.

Die New Zealand Herald berig daar word geglo Muchad Ibrahim is die jongste slagoffer.

Dié driejarige kleuter was tydens die voorval saam met sy pa, Abdi, en ouer broer by die al Noor-moskee.

Meer oor:  Christchurch-Aanvalle  |  Moskee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.