Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Moskee-skieter’ vir waarneming gestuur

Die Australiër wat in aanhouding is weens die terreuraanvalle op twee moskees in Christchurch, Nieu-Seeland, is amptelik op 50 aanklagte van moord en 36 aanklagte van poging tot moord aangekla.

Brenton Tarrent (28) het Vrydag per videoskakel in die hooggeregshof in Christchurch voor regter Cameron Mander verskyn. Familie van die slagoffers het saggies gehuil terwyl Tarrent se beeld op die skerm te sien was.

Hy is nie gevra om te pleit nie en die saak is tot 14 Junie uitgestel.

Hy sal vir sielkundige waarneming gestuur word, berig CNN.

Mander sal deur kenners ondersoek word om te bepaal of hy verhoor kan word en of hy geestelik versteurd is, berig die BBC.

Tarrent is op 15 Maart binne 21 minute nadat die eerste noodoproepe na die polisie gemaak is in hegtenis geneem.

Meer oor:  Christchurch-Aanvalle  |  Moskee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.