Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Moslems moet Palestyne ondersteun, sê Iran se leier

Die Iranese opperleier, die ajatolla Ali Khamenei, het Vrydag ’n beroep op Moslem-state gedoen om Palestyne militêr en finansieel te ondersteun en te help om Gasa te herbou ná die 11 dae lange konflik met Israel.

Iran, wat Israel nie erken nie, steun die Islamitiese militante van Hamas.

Hamas en die Islamitiese Djihad-groep het voor Vrydag se skietstaking honderde vuurpyle op Israel afgevuur. Volgens Israel het sy verdedigingstelsel egter die meeste betyds vernietig.

’n Argieffoto van Iran se opperleier, die ajatolla Ali Khamenei waar hy op 7 Mei 2021 ’n toespraak op televisie lewer. Hy het Vrydag ’n beroep op Moslem-state gedoen om Palestyne militêr en finansieel te ondersteun en te help om Gasa te herbou. Foto: Reutersd

“Moslem-state moet die Palestynse volk opreg ondersteun deur militêre of finansiële steun of om die infrastruktuur van Gasa te herbou,” het Khamenei in ’n verklaring gesê. Hy het Moslems aangemoedig om te eis dat hul regerings die Palestyne steun.

“Alle invloedryke elemente van Israel se regime en die misdadige premier Benjamin Netanyahu moet deur internasionale en onafhanklike howe vervolg word,” het Khamenei gesê.

Die ministerie van buitelandse sake in Iran het vroeër gesê Palestyne het ’n “historiese oorwinning” oor Israel behaal.

“Baie geluk aan ons Palestynse susters en broers vir die historiese oorwinning. Jul weerstand het die aanvaller genoop om terug te trek,” het Saeed Khatibzadeh, woordvoerder van die ministerie, op Twitter gesê.

Iran het Vrydag ’n hommeltuig bekend gestel wat glo 2 000 km ver kan vlieg. Dit word Gasa genoem om die Palestyne se stryd teen Israel te huldig. Reuters

Meer oor:  Palestyne  |  Iran  |  Israel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.