Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Motorbom ruk Somaliese hotel; talle glo dood, beseer

’n Motorbom het Vrydag afgegaan by ’n hotel in die hawestad van Kismayu in Somalië waar plaaslike leiers en wetgewers besig was om die komende streeksverkiesing te bespreek.

Die ontploffing is gevolg deur masjiengeweervuur en die polisie vrees dat verskeie mense in die aanval dood of beseer is.

’n Argief-foto van Al Shabaab-vegters in Somalië. ’n Motorbom het Vrydag afgegaan by ’n hotel in die hawestad Kismayu, waar plaaslike leiers en wetgewers besig was om die komende streeksverkiesing te bespreek.Foto: Reuters

Al Shabaab, die militante Islamitiese groep wat Somalië se sentrale regering probeer omverwerp, het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar en gesê dat sy vegters hul pad na die hotel oopgeskiet het nadat ’n motorbom ontplof het. ’n Polisiebeampte op die toneel het gesê dat geweervuur sowat ’n halfuur ná die ontploffing opgehou het.

“Ons glo die militante is steeds in die gebou, het polisiekaptein Abdullahi Isak Vrydag telefonies aan die nuusagentskap Reuters gesê. “Ons kan nog nie die dodetal bevestig nie, maar daar was baie mense binne die gebou en dit kan hoog wees.”

Volgens Abdiasis Abu Musab, woordvoerder van Al Shabaab se militêre operasies, is die hotel nou onder die militante groep se beheer. “Ons het eers die hotel geteiken met ’n selfmoordmotorbom en toe gewapende guerrilla-vegters ingestuur. Daar is nog steeds gevegte binne die gebou. Daar is baie lyke in die hotel.”

Kismayu is die kommersiële hoofstad van Jubbaland, ’n streek in die suide van Somalië wat steeds gedeeltelik deur Al Shabaab beheer word.

Daar is gereeld bomontploffings in Somalië en die naburige Kenia, wie se troepe deel uitmaak van die Afrika-Unie se vredesmag wat die Somaliese regering bystaan met verdediging.

Meer oor:  Al Shabaab  |  Kismayu  |  Wêreld  |  Sterfgevalle  |  Beserings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.