Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mugabe aan Zuma: ‘Ons het mekaar nou nodiger as ooit’
Die presidensie het Donderdag foto's en inligting oor Zuma se besoek in Zimbabwe getwiet.

“Ons is bly jy is nog in een stuk ondanks wat die koerante elke dag van jou skryf,” het pres. Robert Mugabe van Zimbabwe aan pres. Jacob Zuma by sy aankoms in dié buurstaat gesê.

Zuma het Donderdag omstreeks 10:00 in Zimbabwe aangeland om samesprekings by te woon, maar het geen woord oor die verslag oor staatskaping gerep nie.

Zuma woon die eerste sitting van die binasionale kommissie tussen die twee lande by.

“Kameraad president, ons het mekaar nou meer as ooit nodig,” het Mugabe gesê.

Zimbabwe hoop dat die kommissie broodnodige investering in die land tot gevolg sal hê.

Die land se staatsmedia berig die kommissie sal ’n “nuwe hoofstuk” in die twee buurstate se betrekkinge tot gevolg hê.

Daar is verwag dat Zuma reeds Woensdag in Zimbabwe sou wees, maar sy vertrek is vertraag.

Pres. Zuma en pres. Robert Mugabe van Zimbabwe. Foto: Twitter

Mugabe, wat al sedert 1980 aan die bewind is, het tydens die sitting gesê Zimbabwe en Suid-Afrika staar “hernude aanslae op ons onafhanklikheid en soewereiniteit” in die gesig.

Mugabe het deurentyd in ’n bewerige stem gepraat en het by tye tydens sy toespraak gehuiwer.

Daar is lank reeds kommer oor sy gesondheid.

Zuma het tydens sy toespraak nie ’n enkele keer na die verslag oor staatskaping, wat Woensdag bekend gestel is, verwys nie.

Hy het ook tydens sy toespraak, wat as “flou” beskryf is, opgemerk dat nie als “verdoemenis en somberheid” is nie.

Van die ander punte wat hy aangeraak het, is die droogte in Suider-Afrika, sy tevredenheid met die aanstelling van die Verenigde Nasies se nuwe sekretaris-generaal, Mugabe se positiewe invloed as voorsitter van die Afrika-Unie in 2015 en ’n groter fokus op ekonomiese samewerking tussen die twee lande.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.