Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mugabe se familie vra Malema se hulp in begrafnis-twis

Patrick Zhuwao, neef van oudpres. Robert Mugabe, het Julius Malema, EFF-leier, gevra om tussenbeide te tree in ’n twis oor waar hy begrawe moet word.

Zhuwao het Donderdag by die EFF se gedenkdiens vir Mugabe in Orlando, Soweto, gepraat.

“Pres Mugabe het baie spesifieke instruksies gegee oor sy begrafnis en teraardebestelling toe hy met sy familie, sy vrou, sy kinders gepraat het,” het hy gesê.

Mugabe in 1980.

“Hulle word deur Emmerson Mnangagwa gedwing om Mugabe se wense te ignoreer oor waar sy oorskot begrawe moet word.

“Ek doen ’n beroep op jul hoofleier om die familie te help dat die wense van pres. Mugabe eerbiedig word.”

Malema gaan ’n afvaardiging van die EFF lei na Mugabe se begrafnis Saterdag in Harare.

Mugabe se familie en die Zimbabwiese regering stry oor waar Mugabe se graf moet wees. Mugabe is op 6 September in Singapoer dood in die ouderdom van 95.

Sy staatsbegrafnis vind Saterdag in Harare plaas, maar dit is nog nie bekend waar die teraardebestelling sal wees nie weens die twis oor die aangeleentheid.

Mnangagwa, Mugabe se opvolger, en Zanu-PF wil hê dat die oudpresident in ’n heldeakker vir die onafhanklikheidsoorlog teen die wit Rhodesiese minderheidsregering begrawe word, maar die familie wil hom in sy tuisdorp in Kutama begrawe.

Mugabe was vir 37 jaar aan die bewind totdat sy weermag hom gedwing het om uit te tree in 2017.

Meer oor:  Robert Mugabe  |  Julius Malema  |  Patrick Zhuwao  |  Begrafnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.