Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
N-Korea en VSA: Die muis knor vir die olifant

Noord-Korea het Vrydag gesê hy is gereed vir dialoog én konfrontasie met Amerika en het gewaarsku voortdurende sanksies sal ’n fout wees.

Ri Jong-ho, minister van buitelandse sake van Noord-Korea, het Mike Pompeo, sy Amerikaanse eweknie, daarvan beskuldig dat hy “donker skaduwees gooi” oor gesprekke tussen die twee lande. Hy sê Pompeo stel meer in sy eie politieke ambisies belang as in die huidige Amerikaanse buitelandse beleid, berig Reuters.

Ri noem Pompeo ’n “giftige plant” en sê hy sal ’n einde maak aan die “absurde droom” dat Amerikaanse sanksies veranderinge in Noord-Korea teweeg sal bring.

Ri het gereageer op Pompeo se opmerkings in ’n onderhoud waarin hy gesê het Amerika sal streng sanksies teen Noord-Korea behou totdat hulle hul kernwapens afbreek, berig Al Jazeera.

Hy kan nie hierdie roekelose stellings ignoreer net omdat hulle gemaak is voor ’n moontlike hervatting van gesprekke oor kernsake nie, sê Ri.

Stephen Biegun, wat die grondvlaksamesprekings met Noord-Korea lei, het Dinsdag in Seoel aangekom om oor hernieude samesprekings te praat.

Gesprekke oor die afbreek van kernwapens sal na verwagting gou hervat, het Suid-Korea gesê nadat hy met Biegun gepraat het. – Reuters

Meer oor:  Mike Pompeo  |  Amerika  |  Noord-Korea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.