Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
N-Korea laat missielkommer styg

Noord-Korea het ’n struktuur aangebou by ’n fabriek wat verbind word met die vervaardiging van interkontinentale ballistiese missiele, het NBC News Sondag berig.

Dit het kommer laat toeneem dat dié muishondstaat toetse gaan hervat van wapens wat Amerika kan bereik.

Kim Jong-oen
Kim Jong-oen Foto: Reuters

Die kommersiële satellietbeeldmateriaal van Planet Labs toon ’n tydelike struktuur wat ’n lanseerderarm vir sulke langafstandmissiele kan huisves, berig NBC.

Noord-Korea het nou al verskeie wapentoetse gedoen terwyl Kim Jong-oen, Noord-Korea se leier, die spertyd nader wat hy aan pres. Donald Trump van die VSA gestel het om met beter voorwaardes vorendag te kom vir onderhandelinge tussen die twee lande.

Die twee lande het onlangs hul beledigings van en dreigemente teen mekaar hervat, met Noord-Korea wat waarsku dat hy ’n keuse van “Kersgeskenke” vir Trump voorberei, afhangend van dié se reaksie (op die spertyd).

Noord-Korea het in November 2017 ’n interkontinentale ballistiese missiel gelanseer, wat ’n deurbraaktoets was en Kim se vermoë getoon het om kernplofkoppe na die hele Amerikaanse grondgebied te kan dra. Kim het daarna sy kernwapenprogram as “voltooid” verklaar en het gesprekke met Suid-Korea en later met Trump aan die gang gekry. – Bloomberg

Meer oor:  Donald Trump  |  Kim Jong-Oen  |  Amerika  |  Noord-Korea  |  Missiele  |  Kernkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.