Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
N-Korea vuur weer missiele in see af

Noord-Korea het Donderdag twee projektiele, volgens Japanse owerhede blykbaar ballistiese missiele, in die see tussen die Koreaanse Skiereiland en Japan afge­vuur, sê die Japanse kuswag en die Suid-Koreaanse weermag.

Mense in Seoel, Suid-Korea, kyk na ’n TV-uitsending wat argiefmateriaal wys nadat Noord-Korea skynbaar gister weer twee missiele afgevuur het.Foto: REUTERS

Die twee “ongeïdentifiseerde projektiele” is Donderdagaand uit die provinsie Suid-Phiongan, in die hartjie van Noord-Korea, afgevuur, sê Suid-Korea se stafhoofde in ’n verklaring.

Die Japanse owerhede sê die missiele het buite Japan se eksklusiewe ekonomiese sone, wat 200 seemyl van die kus af strek, in die see gestort.

“Voorwerpe wat blyk ballistiese missiele te wees, is uit Noord-Korea gelanseer,” sê Japan se ministerie van verdediging ook in ’n verklaring.

“Hulle het nie in ons gebied geland nie.”

Die tydsberekening van die lansering, in die namiddag, is ’n afwyking van die rits toetse die laaste paar jaar wat gewoonlik omstreeks die middaguur uitgevoer is.

Dit het ook plaasgevind op die dag wat pres. Moon Jae-in van Suid-Korea die begrafnis bygewoon het van sy ma, wat Dinsdag oorlede is.

In ’n boodskap wat Woensdag laat via die grensdorpie Panjoemjom afgelewer is, het Kim Jong-oen, Noord-Korea se leier, sy “diepe meegevoel” en “vertroosting” oor Moon se verlies uitgespreek, het Moon se kantoor gister gesê.

Die Suid-Koreaanse nuusagentskap Yonhap het Woensdag ’n naamlose militêre bron aangehaal wat sê die beweging van mobiele missiellanseerders is in Noord-Korea opgemerk.

“Ons weermag handhaaf gereedheid terwyl ons verwante verwikkelinge ter voorbereiding van nog ’n lansering monitor,” het die Suid-Koreaanse stafhoofde gister ná die lansering in ’n verklaring gesê. – Reuters

Meer oor:  Noord-Korea  |  Missiele  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.