Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ná gerugte oor gesondheid, maak Kim Jong-oen verskyning

Ná weke van intense bespiegelinge oor die gesondheid van Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, het die staatsnuusagentskap KCNA Saterdag berig dat hy die voltooiing van ’n kunsmisaanleg bygewoon het, in sy eerste verskyning sedert 11 April.

Die berig van KCNA kon egter nie deur Reuters bevestig word nie.

KCNA het berig dat Kim ’n lint gesny het by die seremonie Vrydag en dat die mense wat dit bygewoon het “uitgebars het in toejuiging van die opperleier”.

Fotograwe het Kim gesien waar hy glimlag en met adviseurs by die seremonie praat en ’n toer van die aanleg doen.

Die egtheid van die foto’s op die webwerf van die amptelike koerant Rodong Sinmun kon egter nie bevestig word nie.

Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, sny ’n lint by ’n fabriek met sy eerste verskyning in die openbaar sedert 11 April. Foto: KCNA via Reuters

Talle van die mense in die skare – beskryf as amptenare van die weermag, die heersende party en lede van die gemeenskap wat aan die projek gewerk het – het maskers gedra en ’n ent weg gestaan van die podium waar Kim en sy amptenare verskyn het.

Noord-Korea het nog geen gevalle van Covid-19 bevestig nie en sê hy het streng maatreëls in plek om ’n uitbreking te verhinder. Een van die moontlike redes vir Kim se afwesigheid was dat hy voorsorg teen die virussiekte getref het.

Bespiegelinge oor Kim se gesondheid het vererger nadat hy die herdenking van die verjaarsdag van die stigter van Noord-Korea, Kim Il Soeng, gemis het.

Dit is ’n groot vakansiedag in Noord-Korea en Kim besoek gewoonlik as leier die praalgraf van sy oupa.

Hy het laas op 11 April in die openbaar verskyn toe hy ’n vergadering van die heersende Werkersparty se politburo bygewoon het.

Beeldmateriaal van die staatstelevisie wys dat Kim se been styf en rukkerig beweeg en een van die foto’s wys ’n groen gholfkarretjie in die agtergrond, soortgelyk aan een wat hy in 2014 ná ’n lang afwesigheid gebruik het.

Die stad Soentjon waar die kunsmisfabriek gebou is, is sowat 50 km noord van Pjongjang in die westelike streek, weg van Wonsan, die oostelike strandoord waar amptenare van die VSA gesê het Kim dalk is.

https://www.reuters.com/article/us-north-korea-leader/after-rumours-about-health-north-korea-state-media-report-kim-jong-un-appearance-idUSKBN22D6DD

Meer oor:  Kim Jong-Oen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.