Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Naakte betoging oor aborsie in Pole

Twee mense het Dinsdag kaal voor die presidentspaleis in Pole betoog.

Die kunstenaars, Ania Bielawska en Lukasz Stanek, het poedelnaak, met vloekwoorde op hul lyf geskryf, voor die paleis rondgeloop.

FILE PHOTO: SENSITIVE MATERIAL. THIS IMAGE MAY OFF
Die kunstenaars Ania Bielawska en Lukasz Stanek het uit protes kaal voor die presidentspaleis in Warsaw, Pole rondgeloop. Foto: Reuters

Grootskaalse betogings word in die land gehou sedert wettige aborsies byna totaal verbied is.

Die tribunaal oor die grondwet het in Oktober in ’n beslissing aborsies weens ernstige fetus defekte verbied, wat een van die paar oorblywende wetlike gronde vir aborsie was. 

Sedert dié aankondiging het duisende inwoners bykans elke dag die strate ingevaar om hul misnoeë te toon. 

Hoewel hulle hoofsaaklik aborsie-regte eis, het die betogers ook hul woede uitgespreek teenoor Pole se nasionalistiese leiers, wat die verdeeldheid tussen die liberale en godsdienstige konserwatiewes in die streng Katolieke land blootlê. 

Bielawska en Lukasz het egter Dinsdag nie ver gestap voordat hulle deur owerhede weggeneem is nie, maar ’n aktivis op die toneel meen hul optrede was simbolies. 

“Hul naakte betoging hou direk verband met die stryd vir vroueregte, menseregte en dat mense met waardigheid behandel moet word,” sê die aktivis, wat slegs as Jadwiga bekend is. – Reuters

Meer oor:  Pole  |  Vroueregte  |  Aborsie  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.