Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Namibië: Swapo verloor tweederde-meerderheid
Pres. Hage Geingob, wat vanjaar herverkies is as Namibiese president, Woendag by die stembus. Foto: AP

Pres. Hage Geingob van Namibië is ná die pasafgelope verkiesing daar as president herkies, hoewel die regerende party Swapo sy tweederde-meerderheid in die verkiesing verloor het.

Die Verkiesingskommissie van Namibië (VKN) het Saterdag in Windhoek die uitslae van die Namibiese verkiesing bekend gemaak, wat grootliks as een van die mededingendste nog beskou word.

In Namibië word daar apart gestem vir ’n president en ’n party.

Luidens ’n verklaring deur die VKN op sy Facebook-blad het Geingob 56,3% van kiesers se stemme gekry. Dit is veel minder as die 86,7%-steun wat Geingob in die vorige verkiesing in 2014 op hom kon verenig.

Dr. Panduleni Itula is die naaswenner met 29,4% van die stemme.

Swapo, wat elke verkiesing in Namibië sedert sy onafhanklikwording in 1990 kon wen, se steun het beduidend gekwyn.

In die 2014-verkiesing het die regerende party 80% van die stemme ontvang, maar kon in vanjaar se verkiesing slegs 65,5% van die kiesersteun op hom verenig. Die party is dus sy tweederde-meerderheid kwyt.

Altesaam 826 198, oftewel 60% van geregistreerde kiesers, het op Woensdag 27 November hul kruisies by die stembusse gaan trek.

BBC berig redes vir die afname in steun het te make met die taai ekonomiese toestande in die land en werkloosheid onder die jeug.

Die Bank van Namibië voorspel volgens die BBC dat die land vanjaar vir ’n derde jaar agtereenvolgens, te midde van ’n erge droogte, ’n resessie sal beleef.

Volgens The Guardianhet ’n korrupsie-skandaal ook sy tol geëis waarin twee ministers glo saamgesweer het om visvang-lisensies aan Ysland se grootste visvangonderneming, Samherji, uit te reik.

Meer oor:  Namibië  |  Hage Geingob  |  Swapo  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.