Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Navo-lande in Oos-Europa moet waaksaam bly

Navo-lande uit Oos-Europa dring aan op ’n groter geallieerde militêre teenwoordigheid aan die oostelike flank van die blok.

Só het die Roemeense leier, Klaus Iohannis, Maandag op ’n virtuele beraad, gesê.

Radio Free Europe  berig pres. Joe Biden van Amerika het ook by die beraad aangesluit.

“Die kommerwekkende situasie in die Swart See, wat ons breedvoerig bespreek het, het bewys dat ons waaksaam moet bly,” het Iohannis in Boekarest gesê.

Die beraad deur die Boekarest Nege (B9), ’n groep Europese lande aan die oostelike kant wat aan van Navo behoort, is gesamentlik deur Iohannis en die Poolse president Andrzej Duda aangebied.

Russiese soldate verlede maand tydens ’n ontplooiing naby die Oekraïnse grens. Foto: Reuters

Die beraad volg nadat Rusland verlede maand duisende soldate aan die Oekraïnse grens ontplooi het. Dit was die grootste mobilisasie sedert 2014 toe Rusland die Oekraïnse Krim-skiereiland oorgeneem en oorlog in die ooste van Oekraïne uitgebreek het.

Die lede van die B9 bestaan uit Roemenië, Pole, Hongarye, Bulgarye, die Tsjeggiese Republiek, Slowakye, Estland, Letland en Litoue.

Die lande is bekommerd oor pogings deur Moskou om sy invloed op die streek uit te oefen.

Reuters berig Biden, Jens Stoltenberg, Navo se sekretaris-generaal, en die presidente van Bulgarye, Tsjeggië, Estland, Hongarye, Letland, Litoue en Slowakye het Maandag almal virtueel aan die konferensie deelgeneem.

“Pres. Biden het sy steun uitgespreek vir die verbetering van Navo se afskrik- en verdedigingsposisie, asook die noodsaaklikheid daarvan dat bondgenote hul weerstand verhoog teen skadelike ekonomiese en politieke optrede deur strategiese mededingers,” het die Withuis luidens ’n verklaring gesê.

Biden het ook ’n behoefte uitgespreek aan nouer samewerking met die nege lande oor uitdagings, insluitend wêreldwye gesondheid, klimaatsverandering, energiesekerheid en wêreldwye ekonomiese herstel. Stoltenberg het gesê Biden se deelname aan die beraad is ’n bewys van die Verenigde State se verbintenis tot die heropbou van alliansies en die versterking van Navo.

ABC News berig die Poolse president, Andrzej Duda, het voor die beraad gesê hy is verlig dat Rusland baie van sy soldate naby die Oekraïnse grens onttrek het. Duda glo dat dit die risiko van nog ’n Russiese inval verminder.

“Daar is egter geen twyfel dat die situasie daar baie moeilik is en dat die Oekraïnse gebied beset is nie,” het hy gesê.

“Europa en die res van wêreld kan nie hul oë van hierdie deel van ons kontinent afhaal nie,” het Duda gesê. “Ons moet die Oekraïne enersyds absoluut steun, maar aan die ander kant moet ons ook ons eie veiligheid beskerm,” het hy gesê.

Meer oor:  Joe Biden  |  Oos-Europa  |  Oekraïne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.