Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: 'China is wêreldwye bedreiging'

Leiers van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) het ná afloop van Maandag se beraad in Brussel gewaarsku dat China “sistematiese uitdagings” bied en het sterk standpunt teen die land se regering ingeneem.

Dit was pres. Joe Biden van Amerika se eerste vergadering met Navo-leiers nadat sy voorganger, oudpres. Donald Trump, gedurende sy termyn openlik neerhalende opmerkings oor dié politiek-militêre alliansie van lande gemaak het.

Biden het ander lidlande aangemoedig om op te staan teen China se outoritarisme en gewaarsku dat China besig is om sy weermag te versterk.

Navo-leiers sê in ’n verklaring China se ambisie en sy oorheersende houding bied “sistematiese uitdagings” aan wêreldleiers wat die internasionale reëls nakom.

Biden het ook later op ’n nuuskonferensie gesê Rusland en China probeer om ’n wig tussen die lande van die transatlantiese alliansie in te dryf.

Biden, wat Woensdag met pres. Wladimir Poetin van Rusland sal vergader, het gesê hy wil nie konflik met Rusland hê nie, maar Navo sal optree as dié land met sy “skadelike optrede” voortgaan.

Angela Merkel, Duitse bondskanselier, het Biden se aankoms by Navo as ’n nuwe hoofstuk bestempel nadat die Britse premier, Boris Johnson, Biden op die G7-beraad as ’n “vars briesie” beskryf het.

Merkel het beaam dat China as ’n potensiële bedreiging hanteer moet word.

Sy het gesê daar is samewerking tussen Rusland en China en kuberaanvalle asook hibriede aanvalle word gedoen.

“China kan nie net geïgnoreer nie,” het sy aan joernaliste gesê.

Die leiers van die G7-nywerheidslande het die naweek ná hul beraad in Cornwall in Engeland ’n verklaring uitgereik waarin hulle hul kommer oor die menseregte-oortredings in China en Taiwan uitspreek.

Die Chinese regering het in reaksie hierop gesê die G7 het sy reputasie skade berokken.

In ’n poging om die skade te herstel wat Trump aangerig het, het Biden benadruk dat Amerika tot Navo toegewyd bly.

Trump was van mening dat die alliansie verouderd is en dat Europa te min vir sy eie verdediging bydra.

“Ek wil hê die hele Europa moet weet Amerika is terug. Navo is van kritieke belang vir ons,” het Biden gesê. – Reuters

Meer oor:  Navo  |  China
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.