Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Navo sê Rusland moet Oekraïense skepe teruggee

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) het Maandag ’n beroep op Rusland gedoen om lede van die Oekraïense vloot vry te laat en die skepe terug te gee omdat daar geen regverdiging vir Moskou se optrede is nie.

“Wat ons gister (Sondag) gesien het, is baie ernstig,” het Jens Stoltenberg, sekretaris-generaal van Navo, op ’n nuuskonferensie gesê ná ’n noodvergadering van dié Westerse militêre alliansie, nadat Oekraïene vir die vergadering gevra het.

“Alle bondgenote ondersteun die onskendbaarheid van Oekraïene se grondgebied en sy soewereiniteit. Daar is geen regverdiging vir die gebruik van militêre mag teen Oekraïense skepe en vlootpersoneel nie. Ons doen ’n beroep op Rusland om onmiddellik die vlootlede vry te laat en die skepe waarop beslag gelê is, terug te gee.”

Die Russiese FSB-veiligheidsdiens (die binnelandse opvolger van die KGB) het vroeg Maandag gesê dat sy bote wat die grens patrolleer beslag gelê het op skepe van die Oekraïense vloot in die Swartsee.

Jens Stoltenberg, sekretaris-generaal van Navo, Maandag by ’n mediakonferensie in Navo se hoofkwartiere in Brussel, België. Foto: AP
Jens Stoltenberg, sekretaris-generaal van Navo.Foto: Getty Images

Hy het bevestig wapens is gebruik om die skepe te stop, luidens die Russiese staatsmedia.

Die FSB het gesê hy is gedwing om op te tree omdat die skepe – twee klein Oekraïense gepantserde artillerie-skepe en ’n sleepboot – “onwettig Rusland se gebied betree het, gepoog het om onwettige aksies uit te voer en waarskuwings geïgnoreer het”.

Verregse groepe in Oekraïene neem Maandag deel aan ’n optog na die parlement in Kiëf, waar hulle eis dat die krygswet ingestel word en diplomatieke bande met Rusland opgeskort word. Foto: Getty Images

Die Oekraïense vloot het Rusland Sondag daarvan beskuldig dat Russiese vegvliegtuie losgebrand het op een van sy skepe.

Gemoedere tussen Rusland en die Oekraïne loop die afgelope drie dae reeds hoog nadat Rusland drie skepe van die Oekraïense vloot toegang geweier het om deur die Kerch-seestraat toegang tot die See van Azof te kry.

Verregse groepe in Oekraïene neem Maandag deel aan ’n optog na die parlement in Kiëf, waar hulle eis dat die krygswet ingestel word en diplomatieke bande met Rusland opgeskort word. Foto: Getty Images
Russiese vegvliegtuie vlieg oor ’n brug wat Rusland met die Krim-skiereiland verbind, nadat drie Oekraïense vlootskepe deur Rusland verhoed is om die See van Azof binne te gaan.Foto: Reuters


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.