Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Navolede moet dubbel bestee aan militêre uitgawes, sê Trump

Pres. Donald Trump van die VSA het Woensdag op die beraad van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) in Brussel, België, ’n beroep op lidlande gedoen om hul bydrae tot militêre uitgawes te verdubbel.

Hy het voorgestel dat lande se verdedigingsuitgawes nie net aan die verpligte 2% van hul bruto binnelandse produk (BBP) voldoen nie, maar dat hulle dit verhoog tot 4%, het Sarah Huckabee Sanders, Withuis-woordvoerder, in ’n verklaring gesê.

Navo-lede het in 2014 ooreengekom om teen 2024 minstens 2% van hul BBP op militêre gebied te bestee.

Trump wil luidens die verklaring hê dat hul bondgenote in ’n groter mate die las deel en nie net aan die minimum vereistes voldoen nie, berig die  New York Times.

Ondanks sy siening het hy tog die Navo-verklaring van 23 bladsye saam met die 28 ander lede onderteken. Die verklaring het maande van onderhandeling voorafgegaan.

Verlede maand het Trump die beraad van die Groep van 7 vroeg verlaat en geweier om die verklaring daar te onderteken.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.