Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nawalni nou ’n ‘ekstremis’, sê Russiese hof

Groepe wat bande met die Kremlin-kritikus Aleksei Nawalni (45) het, is Woensdag deur ’n Russiese hof tot “ekstremiste” verklaar en verbied.

Hulle kan nou nie aan die verkiesing in September deelneem nie, kragtens nuwe wetgewing wat pres. Wladimir Poetin (68) verlede week onderteken het.

’n Werker verf op 28 April oor Aleksei Nawalni (45) se gesig op ’n muur in St. Petersburg. Foto: Reuters

Dit lei tot verdere spanning tussen Amerika en Rusland voor Poetin en die Amerikaanse pres. Joe Biden se beraad volgende week in Genève, Switserland, waar ontleders voorspel Nawalni “sekerlik” op die agenda sal wees.

Washington het Moskou reeds gevra om Nawalni vry te laat.

Poetin is sedert 1999 óf die president óf die premier.

Nawalni is in die tronk omdat hy sy paroolvoorwaardes verbreek het. Dit is vir ’n saak in 2014 waarin die Europese hof vir menseregte hom vrygespreek het. Moskou eerbiedig egter nie dié uitspraak nie.

Nawalni sê hy is vals beskuldig en het ’n poging aangewend om ’n verandering in leierskap teweeg te bring met straatbetogings en ondersoeke na omkoopgeld.

Die kantoor van Moskou se topaanklaer het die jongste saak ingedien en het Nawalni en lede van sy uitgebreide politieke netwerk daarvan beskuldig dat hulle Rusland deur ’n revolusie wil destabiliseer.

’n Woordvoerder van die aanklaer sê hy is tevrede met Woensdag se hofuitspraak waarin die groepe tot ekstremiste verklaar is.

Nawalni se regsverteenwoordigers aanvaar nie die nuwe uitspraak nie en het aangedui hulle gaan appèl aanteken omdat daar nie genoeg bewyse is nie.

Nawalni het sy ondersteuners op sy Instagram-rekening bemoedig.

“Ons gaan nêrens heen nie. Ons sal dinge uitsorteer en verander. Ons sal aanpas. Ons sal nie terugtree van ons doelwitte en idees nie. Dit is ons land, ons het nie ’n ander een nie.”

Die hofuitspraak bring ’n einde aan Nawalni-hulle se bedrywighede terwyl hy ’n vonnis van twee en half jaar uitdien.

Die uitspraak is spesifiek gemik op Nawalni se teenkorrupsiestigting, wat hoëprofielondersoeke na beweerde korrupsie doen, en Nawalni se streekveldtog-hoofkantoor, wat voorheen gemobiliseer is om betogings teen die Kremlin te organiseer. Die owerhede het nou die reg om aktiviste in die tronk te stop en hul bankrekeninge te bevries indien hulle met hul bedrywighede voortgaan.

Van Nawalni se bondgenote het reeds voor die uitspraak besluit om eerder hul bedrywighede te staak. Hulle sê hulle sal nou ’n slim stemstrategie gebruik eerder as om te probeer om steun vir die Kremlin te ondermyn. – Reuters

Meer oor:  Aleksei Nawalni  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.