Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nawalni terug in tronk ná eetstaking

Die Russiese opposisieleier, Aleksei Nawalni, is ná ’n maand in ’n tronkhospitaal terug in die tronk waar hy aangehou is voordat hy op ’n eetstaking was.

Aleksei Nawalni
Aleksei Nawalni in Februarie 2020 tydens ’n betoging in Moskou. Foto: Reuters

Nawalni was in ’n tronk sowat 100 km oos van Moskou toe hy op 31 Maart op ’n eetstaking gegaan het in ’n poging om beter mediese sorg te kry. Toe hy die nodige mediese sorg kry, het hy sy eetstaking op 23 April beëindig.

Nawalni is ná die eetstaking na ’n hospitaal in ’n ander tronk oorgeplaas.

Netwerk24 het vroeër berig Nawalni is in Februarie tronk toe gestuur nadat hy in hegtenis geneem is toe hy na Rusland teruggekeer het. Hy het glo paroolvoorwaardes verbreek, maar dié parool was vir ’n saak in 2014 waarin die Europese hof vir menseregte hom vrygespreek het. Moskou eerbiedig nie dié uitspraak nie.

Aleksei Nawalni
Die tronkhospitaal, in die IK-3 strafkolonie by die stad Wladimir, 180 km oos van Moskou, waar Aleksei Nawalni ná sy eetstaking behandel is. Foto: Reuters
Aleksei Nawalni
Die hek van die tronk waar Aleksei Nawalni aangehou word. Dit is in Pokrof, sowat 100 km van Moskou af. Foto: Reuters

Hy het verlede jaar op ’n vlug siek geword, waarna hy vir behandeling na Duitsland geneem is. Dokters sê hy is met ’n senugas vergiftig en die Russiese regering word wyd van die misdaad beskuldig. Die Kremlin ontken dit. – Reuters

Meer oor:  Aleksei Nawalni  |  Wladimir Poetin  |  Rusland  |  Tronk  |  Vergiftiging  |  Eetstaking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.