Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nederland hef reisverbod op, EU besluit nog

Hoewel Suid-Afrikaners nou na Nederland mag reis, geld die Europese Unie (EU) se verbod steeds.

Suid-Afrikaners mag wel na Europa reis slegs as hulle vir ’n uitsondering op die reisverbod kwalifiseer.

Nederland het aangekondig dat daar vanaf 1 Junie geen verbod op vlugte is nie.

Die reisverbod wat verstryk, geld ook Indië en alle lande in Sentraal- en Suid-Amerika.

Reisigers van hierdie lande is steeds onderworpe aan die EU-reisverbod ná 1 Junie.

Dit beteken dat hulle die EU, insluitend Nederland, kan binnegaan as hulle vir die uitsondering op die reisverbod kwalifiseer.

Dié reisigers moet ’n burger van ’n nie-EU-land wees en ’n verblyfkaart of -permit in ooreenstemming met die Direktief 2003/109/EEC (met betrekking tot langtermyn-besoekers) hê.

Hierdie reisigers kwalifiseer ook as hulle reg tot verblyf van ander EU-direktiewe of die nasionale wet van ’n Schengen-land het.

Nog ’n uitsondering waarvoor reisigers van Suid-Afrika, Indië of Suid-Amerika kwalifiseer, is as hulle ’n langverblyf-visum, ’n brief van die Immigrasie en Naturalisasiediens vir langtermynverblyf of ’n geldige verblyfpermit vir Nederland het.

Volgens die Nederlandse regering se webwerf is ’n Europese toegangsverbod steeds vir sekere mense in werking gestel, wat hulle verbied om na EU-lande of die Schengen-gebied te reis.

Reisigers word aangemoedig om dié punte na te gaan voordat hulle begin reis.

Slegs burgers van die EU of Schengen-gebied mag daarheen reis.

Burgers van Noorweë, Switserland, Liechtenstein, Monaco, Andorra, San Marino of die Vatikaanstad mag ook na Nederland reis.

Reisigers moet steeds hulself onder kwarantyn plaas wanneer hulle in die land aankom of daarvandaan gereis het.

As jy op dag 5 negatief toets, mag jy jou kwarantyntyd verkort.

Die Nederlandse regering het voorts bekend gemaak buitelandse toeriste wat van “veilige” lande, lande met ’n lae Covid-19-risiko, reis, is nou welkom in Nederland.

Dit sluit lande soos Australië, Nieu-Seeland, Rwanda, Singapoer, Suid-Korea, Thailand, Portugal en Indië in.


Meer oor:  Nederland  |  Pandemie  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Reisverbod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.