Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nederland maak stem dik teen ‘verkeerde populisme’
Mark RutteFoto: Reuters

Nederland het vir die pro-Europese partye gestem, en premier Mark Rutte ’n beduidende oorwinning oor die regse politikus, Geert Wilders, gegee.

“Dit lyk of die Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD) weer die grootste party in Nederland gaan wees,” het Rutte gesê nadat sy party reeds 33 van die 150 setels in die parlement gewen het.

Geen party sal ’n volstrekte meerderheid kry nie en Nederland sal weer deur ’n koalisie regeer word. Die gesprekke om ’n koalisieregering te vorm, kan maande duur, maar Rutte se party sal so ’n koalisie lei.

Nederlanders het ná Brexit en die Amerikaanse verkiesing halt geroep teen die verkeerde soort populisme
Mark Rutte

“Nederlanders het ná Brexit en die Amerikaanse verkiesing halt geroep teen die verkeerde soort populisme,” sê Rutte.

Wilders het erken hy het nie die steun gewerf wat hy wou hê nie, maar sê hy beplan om steeds sterk as die opposisie te wees.

“Ek sou eerder die grootste party wou wees, maar ons het setels gewen en is trots daarop,” sê hy.

Meer as 80% van die kiesers het gestem, die hoogste persentasie in jare.

Sommige meningsopnames het in aanloop tot die verkiesing getoon dat Wilders, wat beloof het om ontslae te raak van Islam in Nederland, se party die meeste steun sou kry.

Die meeste van die stemme is egter getel en sy party het net meer as 20 setels gekry. Dit sal nie genoeg wees om ’n regering te vorm nie, omdat die voorste partye nie saam met hom wil werk nie.

Nederland se verkiesing was die eerste van drie rigtinggewende verkiesings wat vanjaar in Europa gehou word, met Frankryk en Duitsland sin wat nog voorlê.

Dit behoort ’n goeie aanduiding te wees van die rigting waarin die Europese politiek beweeg.

Mabel Berezin, professor in sosiologie aan die Cornell-Universiteit in Amerika, sê ’n nederlaag vir Wilders moet nie beskou word as ’n teken dat Europese populisme kwyn nie.

“Hy het nie ’n populistiese golf verteenwoordig nie. Inteendeel, hy is deel van die politieke landskap en sy party se resultate sê nie veel oor Europese populisme nie.

“Die ware toonaangewende verkiesing sal die Franse verkiesing in April wees waarin Marine Le Pen ’n kandidaat is. Dit is waar die populistiese aksie is en dit is waarop ons moet fokus,” sê sy. – Reuters, Bloomberg

Meer oor:  Geert Wilders  |  Mark Rutte  |  Nederland  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.