Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Netanyahu kap koalisie tussen opponente

Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het Donderdag ’n ooreenkoms gekap wat sy politieke teenstanders bereik het om ’n koalisieregering te vorm wat uit linkse, gematigde en regse partye bestaan en wat daarop gemik is om hom uit die kussings te lig.

Netanyahu, wat die einde van sy termyn van 12 jaar as premier nader, sê op Twitter: “Alle wetgewers wat deur regse stemme verkies is, moet die gevaarlike linksgesinde regering teenstaan.”

Dit was die eerste keer dat Netanyahu, leier van die regse Likud-party, in die openbaar terugstoot teen Yair Lapid, leier van die opposisieparty, Yesh Atid, wat Woensdag aangekondig het dat hy daarin geslaag het om ’n koalisieregering te vorm.

Dié brose alliansie wat ’n skrale meerderheid in die parlement sal hê, sal na verwagting eers oor sowat 10 tot 12 dae beëdig word, wat min ruimte laat vir Netanyahu – Israel se langs dienende leier – om wetmakers daarteen te probeer draai.

Benjamin Netanyahu Foto: Reuters

Lapid, ’n meer gematigde politikus, het Woensdag sowat 35 minute voor die spertyd om middernag in ’n e-pos aan pres. Reuven Rivlin gesê: “Ek is geëerd om jou in kennis te stel dat ek daarin geslaag het om ’n regering te vorm.”

Onder die koalisiepakt sal die nasionalis Naftali Bennett (49), voormalige minister van verdediging en ’n hoëprofielmiljoenêr, die premier word en die pos dan oor sowat twee jaar aan Lapid (57), voormalige TV-aanbieder en minister van finansies, oorhandig.

Die ooreenkoms het gevolg nadat nóg Netanyahu se regse Likud-party en sy bondgenote nóg die opposisie in die verkiesing op 23 Maart die meerderheid in die wetgewer gewen het. Dit was Israel se vierde nasionale verkiesing in twee jaar.

Die koalisie bestaan uit ’n sameflansing van klein en mediumgrootte partye van oor die politieke spektrum heen, insluitende die United Arab List, ’n party wat vir die eerste keer in Israel se geskiedenis die land se 21% Arabiese minderheid verteenwoordig.

Die partye het min gemeen, behalwe die strewe om Netanyahu, wat van korrupsie aangekla is, uit die kussings te lig.

Die partye sluit in Bennett se regse Yamina-party, die sentristiese liberale Blue and White-party gelei deur Benny Gantz, minister van verdediging, die linksgesinde Meretz- en Arbeidersparty, die Yisrael Beiteinu-party waarvan Avigdor Lieberman, voormalige minister van verdediging, die leier is, asook New Hope, ’n regse party wat gelei word deur die voormalige minister van onderwys Gideon Saar, wat almal van Likud weggebreek het. Reuters


Meer oor:  Benjamin Netanyahu  |  Israel  |  Verkiesing  |  Koalisieregering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.