Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Netanyahu ná 12 jaar uit kussings gelig

Benjamin Netanyahu (71), Israel se premier, se 12 jaar lange houvas op mag het Sondag tot ’n einde gekom toe die parlement ’n nuwe koalisieregering tot stand gebring het.

Die regsgesinde nasionalis Naftali Bennett (49) van die Yamina-party sal as nuwe premier ingehuldig word, ’n amp wat hy tot September 2023 sal beklee.

Hy sal dan die leisels aan Yair Lapid (57), leier van die sentristiese Yesh Atid, oorgee vir die volgende twee jaar, berig die BBC.

Netanyahu, die mees dominante Israeliese politikus van sy generasie, het ná ’n verkiesing op 23 Maart die vierde keer in twee jaar misluk om ’n nuwe regering te vorm.

Bennett se koalisieregering sluit linkse, sentristiese en Arabiese wetgewers in.

Naftali Bennett en Yair Lapid omhels mekaar Sondag nadat ’n nuwe koalisieregering in Israel ’n einde aan Benjamin Netanyahu se magsgreep van 12 jaar gebring het. Foto: Reuters

“Dankie, Benjamin Netanyahu vir jou diens aan Israel,” het Bennett gesê en belowe om ’n premier vir almal te wees.

Sy regering, wat die eerste keer ’n party insluit wat die Arabiese minderheid van 21% verteenwoordig, is grotendeels van plan om die beleid oor die Palestyne te vermy en op binnelandse hervormings te fokus.

Met min tot geen vooruitsig op vordering om die dekade lange konflik met Israel op te los nie, sal die nuwe regering nie veel verandering vir Palestyne bring nie en word voorspel dat Bennett dieselfde regse agenda as Netanyahu sal nastreef. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.