Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
New York-skole sal 9/11 só onthou

“Ek dink ons word gekaap. Uhm, die stuurkajuit antwoord nie. Iemand in besigheidsklas is gesteek en ek dink daar is traanrook, want ons kan nie asemhaal nie. Ek weet nie. Ek dink ons word gekaap.”

Dit is Woensdag 18 jaar sedert twee vliegtuie in die World Trade Center in Manhattan in New York, VSA, vasgevlieg het, maar die woorde van Betty Ong, ’n lugwaardin aan boord van die American Airlines-vliegtuig wat eerste in die wolkekrabber vasgevlieg het, word steeds onthou.

Dít is hoe die World Trade Center ná die aanvalle vanuit die lug gelyk het. Foto: Getty Images

Ong het die besprekingskantoor geskakel en Nydia Gonzalez ingelig dat hul vliegtuig vermoedelik gekaap is.

“Ons is nou net uit Boston. Ons is in die lug. Ons is veronderstel om Los Angeles toe te gaan, maar die stuurkajuit antwoord nie sy foon nie . . .”

Ong en haar kollega Madeline Amy Sweeney het beurte gemaak om te vertel wat besig is om op die vlug te gebeur.

Die laaste woorde wat vanuit die vliegtuig gehoor is voordat dit in die World Trade Center vasgevlieg het, was toe Sweeney geuiter het: “O, hemel! Ons is veels te laag!”

’n Tweede vliegtuig het daarna ook in die World Trade Center vasgevlieg.

Een het in die noordelike toring en die ander een in die suidelike toring vasgevlieg.

Dit is 18 jaar sedert die World Trade Center aangeval is. Foto: Getty Images

CNN berig meer as 3 000 mense is in dié terreuraanval in 2001 dood.

Andrew Cuomo, goewerneur van New York, het in 2019 ’n nuwe wetsontwerp onderteken wat bepaal dat skole in die stad elke jaar op hierdie dag ’n oomblik van stilte handhaaf om 9/11 te herdenk.

“Deur elke jaar vir ’n kort oomblik stil te wees, kan ons verseker dat die toekomstige geslagte dié dag beter sal verstaan,” het hy gesê.

Dié wetsontwerp sal onmiddellik in werking tree sodat leerlinge meer oor dié tragedie kan leer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.