Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
49 dood in skietery in Nieu-Seeland

Mike Bush, Nieu-Seelandse polisiekommissaris, sê die dodetal ná die skietery by twee moskees in Christchurch staan op 49 nadat Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se premier, vroeër aangekondig het dat 40 mense dood is.

Talle tuisgemaakte motorbomme is in die omgewing aan motors gevind en onskadelik gestel.

Die Christchurch Hospital het in 'n verklaring bevestig 48 mense word vir skietwonde behandel, het ABC berig.

Een van die vier aanvallers wat deur die polisie in hegtenis geneem is, het homself as die Australiër Brenton Tarrant (28) geïdentifiseer. Hy het die wilde skietery in een van die moskees direk op Facebook vertoon, berig News.com, ’n Australiese webblad.

’n Ooggetuie het gesê hy het die lyk van ’n vyfjarige seuntjie in een van die geboue van die Masjid-moskee in die voorstad Linwood gesien.

Kommissaris Mike Bush van die Nieu-Seelandse polisie het gesê daar kan nie aanvaar word die gevaar is verby nie.

Net noodgevalle word in die Christchurch-hospitaal aanvaar en al die deure word deur die polisie bewaak.

Skoolkinders is intussen toegelaat om huis toe te gaan. Moslems oor die hele Nieu-Seeland heen is gevra om nie na enige moskees toe te gaan nie, want daar is geen sekerheid dat die aanvalle beperk sal wees tot Christchurch nie.

“Moenie gaan nie. Bly tuis en maak jou deure toe,” het Bush gesê.

Ardern het vroeër gesê baie van die slagoffers is moontlik migrante in die land of vlugtelinge, berig The Guardian.

“Hulle het besluit om Nieu-Seeland hul huis te maak. Dit is hul tuiste. Hulle is ons. Die persoon wat hierdie geweld teen ons gepleeg het, is nie. Daar is nie plek in Nieu-Seeland vir hulle nie. Daar is nie plek vir sulke ekstreme geweldpleging nie,” het Ardern gesê.

Ahmad Al-mahmoud, ooggetuie, het beskryf hoe hy ’n man gesien het wat ’n helmet dra. “Hy het almal in die moskee geskiet.”

Skote is geskiet naby waar die krieketspan van Bangladesj veronderstel was om die laaste toets van hul toer in Nieu-Seeland te speel. Hulle het in hul aantrekkamer geskuil in die Hagley-ovaal voordat hulle na hul hotel teruggeneem is.

Tamim Iqbal, aanvangskolwer, het die ondervinding as “vreesaanjaend” beskryf.

Meer oor:  Christchurch-Aanvalle  |  Terreur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.