Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nieu-Seeland-vroue wys solidariteit met Moslems met hijabs

Vroue oral in Nieu-Seeland het Vrydag hijabs (kopserpe) gedra in solidariteit met Moslems in dié land ’n week nadat 50 mense in twee moskees in Christchurch doodgeskiet is.

Nieu-Seelandse vroue oor die land heen het Vrydag kopserpe gedra in solidariteit met Moslem-vroue in die land.Foto: Reuters

Die idee het gekom van dr. Thaya Ashman nadat sy gehoor het van ’n vrou wat te bang is om uit haar huis te gaan omdat sy dink haar hijab sal haar ’n teiken vir terroriste maak.

“Ons is saam met jou, ons wil hê jy moet tuis voel in jou eie strate, ons het jou lief, ons ondersteun en respekteer jou,” het Ashman gesê.

Vroue in Auckland, Wellington en Christchurch het foto’s van hulself met hijabs om hul koppe op sosiale media geplaas, soms saam met hul kinders.

“Hoekom dra ek ’n hijab vandag? Wel, my hoofrede is dat as enigiemand anders hul verskyning maak en ’n wapen rondswaai, wil ek tussen hom en enigiemand na wie hy die wapen wys, gaan staan. En ek wil nie hê hy moet die verskil agterkom nie want daar is geen verskil nie,” sê Bell Sibly van Christchurch.

Talle Moslemvroue dra ’n hijab in die openbaar as ’n teken van beskeidenheid, hoewel kritici dit as ’n teken van onderdrukking beskou.

Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se premier, is wyd geloof nadat sy verlede week ’n swart kopdoek gedra het terwyl sy lede van die Moslem-gemeenskap ontmoet het ná die skietvoorval.

Rachel MacGregor, wat betrokke is by die veldtog Head Scarf for Harmony, sê sy het angstig gevoel met die serp om haar kop en mense wat staar na haar.

Nieu-Seelandse vroue met kopserpe aan.Foto: Reuters

“Ek het vir die eerste keer verstaan hoe dit moet voel om deel te wees van ’n minderheid en om klere te dra wat die meerderheid nie gewoonlik dra nie.”

Die veldtog is deur talle mense geprys, maar is ook gekritiseer.

Prof. Asra Nomani, ’n oudjoernalis wat haar beywer vir Moslem-hervorming, het vroue aangemoedig om nie deel te neem aan die hijab-veldtog nie. “Dit is ’n simbool van die teenoorgestelde van feministiese waardes. Daar is vroue in die tronk en dood wat weier om Islam te vertolk soos wat julle nou doen,” sê Nomani op Twitter. – Reuters

Meer oor:  Christchurch  |  Nieu-Seeland  |  Hijab  |  Christchurch-Aanvalle  |  Solidariteit  |  Moslems
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.