Nieu-Seelandse kiesers het voorwaardelik ten gunste van genadedood gestem, maar is op pad om wetswysigings wat die gebruik van dagga vir ontspanningsdoeleindes toelaat, te verwerp.
Nieu-Seelanders het vandeesmaand in twee referendums gestem, asook in ’n nasionale verkiesing wat Jacinda Ardern, die premier, in haar stoel hou.

’n Groot aantal Nieu-Seelanders reeds teen die gebruik van dagga vir ontspanningsdoeleindes gestem. Foto: Unsplash
Die land se verkiesingskommissie het solank die voorlopige uitslae bekend gemaak, maar daarop gewys dat bykans 'n halfmiljoen stemme uit die buiteland nog getel moet word. Volgens die kommissie sal hierdie stemme egter nie genoeg wees om die uitslag van die referendum oor genadedood te verander nie. Daar mag wel nog stemme ten gunste van die gebruik van dagga te wees.
Die finale uitslag sal eers op 6 November bekend gemaak word, maar meer as 65,2% van die kiesers het reeds ten gunste van genadedood gestem. Nieu-Seeland sal dus die sewende land word waar genadedood wettig is.
Dié wet sal in November 2021 van krag word en sal mense wat terminaal siek is en net ses maande oor het om te leef, toelaat om vir genadedood aansoek te doen.
Dié pasiënte moet ouer as 18 wees en twee dokters moet die genadedood goedkeur.
Die verkiesingskommissie sê 53,1% van die kiesers het reeds teen die ontspanningsgebruik van dagga gestem.

Jacinda Ardern Foto: Reuters
Ardern het in 2017 gesê sy sal die dagga-referendum ondersteun toe sy genoeg ondersteuning gesoek het om ’n koalisieregering te vorm.
Hoewel sy vroeër nie wou sê hoe sy sal stem nie, het Nieu-Seelandse publikasie stuff.co.nz berig Ardern het “ja” in albei die referendums gestem.
Ardern het ook in September in ’n debat voor die verkiesing erken dat sy baie lank gelede dagga gerook het. – Reuters