Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nieu-Seelandse premier bring haar stem uit

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, het gestem in die verkiesing om die land se nuwe leier te kies.

Vroeë stemmery het in die land begin waar verwag word dat die 40-jarige Ardern vir ’n tweede termyn die land se leisels sal neem, berig Reuters.

Die algemene verwagting is dat Ardern die verkiesing sal wen weens die suksesvolle wyse waarop sy die Covid-19-pandemie en ander krisisse hanteer het.

Sowat 450 vroeë stemlokale is reeds oop in aanloop tot die verkiesingsdag op 17 Oktober.

Reuters berig Ardern het op Facebook gesê sy het Saterdag gestem. Volgens Ardern was daar geen toue nie, en het alles vinnig en maklik gegaan. Ardern het ander mense aangemoedig om ook te gaan stem.

Die land se verkiesingskommissie sê vroeë stemme is gewild en kan in die huidige verkiesing soveel as 60% van al die stemme uitmaak. In 2017 se verkiesing het vroeë stemme 47% van alle stemme uitgemaak.

Ardern se Arbeidersparty, wat die land regeer in ’n koalisie met die Greens en die nasionalistiese New Zealand First-party, se opponent is die konserwatiewe Nasionale Party.


Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.