Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
F1-legende, Niki Lauda, dood op 70

Die Oostenrykse motorsportlegende Niki Lauda is Maandag in die ouderdom van 70 dood – maande nadat hy 'n longoorplanting ondergaan het. 

MONTE-CARLO, MONACO - MAY 24: Mercedes GP non-exec
Niki Lauda is Maandag in die ouderdom van 70 dood. Foto: Getty Images

Lauda se familie het dié nuus in 'n verklaring bevestig.

"Dit is met groot hartseer dat ons aankondig dat ons geliefde Niki Maandag sag heengegaan het met sy familie by hom."

Lauda was in Januarie gehospitaliseer toe hy vir griep behandel is.

Sy familie sê Lauda se moed sal 'n maatstaf vir almal van hulle bly en beskryf hom as 'n liefdevolle man, pa en oupa.

Lauda is bekend daarvoor dat hy drie Formule 1-wêreldtitels in 1975, 1977 en 1984 gewen het, al het hy ernstige brandwonde in 'n lewensgevaarlike botsing in die Duitse Grand Prix se Nürburgring in 1976 opgedoen. – Reuters

Meer oor:  Niki Lauda  |  Grand Prix  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.