Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
'Niks kan Trump-masjien nou stuit'
Donald Trump hou sy oorwinningstoespraak Dinsdag in Trump Tower, New York, nadat hy die stryd om as Republikeinse presidentskandidaat aangewys te word, gewen het. Foto: reuters
Sen. Ted Cruz omhels sy vrou, Heidi, en sy pa, Rafael, nadat hy aangekondig het dat hy hand-doek ingooi. Foto: ap
’n Ondersteuner van sen. Ted Cruz in trane ná sy aankondiging in Indianapolis, Indiana, dat hy hom onttrek. Foto: reuters

Indianapolis. – Sen. Ted Cruz van die Republikeinse Party het vandeesweek erken dat hy die huidige veldtog verloor het, maar die deur oopgelos vir ’n moontlike toekomstige poging om president van die VSA te word.

Cruz (45), wat nog vir twee jaar ’n senator van Texas sal wees voordat hy in 2018 ’n herverkiesingstryd begin, het aan ondersteuners in Indiana, waar hy sleg teen Donald Trump verloor het, gesê sy veldtog vir die benoeming word gestaak, maar dat sy rol in die toekoms van die party nie verby is nie.

“Ek skort nie ons stryd vir vryheid op nie,” het Cruz gesê, wat nou sal moet besluit of hy Trump in die presidentsverkiesing sal steun.

Cruz kan een van verskeie Republikeine wees wat aan die benoemingstryd van 2020 kan deelneem nadat hy vanjaar nie daarin kon slaag om as presidentskandidaat aangewys te word nie.

Dit natuurlik as Trump nié die volgende president van die VSA word nie.

Sy volgende toets sal wees om sy rol in die komende presidentsverkiesing te definieer en om te besluit of hy, ná maande van ’n hewige stryd teen Trump, sy gewig agter Trump sal ingooi.

Trump sal uiteraard Cruz se ondersteuning wil hê in sy pogings om die Republikeinse Party te verenig ná ’n bittere benoemingstryd.

“Ek wil Ted Cruz gelukwens,” het Trump in New York ten tyde van ’n oorwinnaarsaamtrek gesê. “Hy is ’n onversetlike, slim opponent.”

Met die beëindiging van sy veldtog het smouse op straat in Indianapolis T-hemde met Cruz se veldtogslagspreuk daarop teen ’n reuse-afslag verkoop.

Cruz se ondersteuners het in die omgeboude stasiegebou waar sy laaste byeenkoms gehou is, rondgedwaal. Sommige het gehuil en ander het mekaar omhels toe die nuus tot hulle deurgedring het.

“Cruz het sekerlik beter vertoon as wat enigeen in Wash­ington verwag het, en hy het darem nog vir Texas. Maar niks kan die Trump-masjien nou stuit nie,” het Joe Brettell, ’n politieke strateeg van Texas, gesê. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.