Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Noah, Madonna pleit: Stem vir Clinton!
Madonna Maandagaand tydens haar verrassingskonsert in New York waar sy mense gevra het om vir Hillary Clinton te stem. Foto: Alo Ceballos/GC Images

Die Suid-Afrikaner Trevor Noah het Hillary Clinton-ondersteuners Maandagaand op The Daily Show gemaan om eerder te gaan stem as om tuis te bly.

Volgens Huffington Post het Noah gesê dat mense wat aan Donald Trump se kant is, “baie, baie entoesiastiese kiesers” is.

“Hy het die KKK wat vir hom stem. As daar ooit ’n rede was om te gaan stem, is dit omdat die KKK ’n geleentheid sien om terug in die hoofstroom te kom. Dit is die mees vreesaanjaende k*k wat ek al in my lewe teëgekom het.”

Jon Stewart, voormalige aanbieder van The Daily Show, het ook ’n laaste klip voor stemdag na Trump gegooi.

Huffington Post berig dat Stewart en Stephen Colbert op die regstreekse uitsending van die Late Show op CBS “Now is the time!” gesing het.

Gedurende die video van 11 minute het dié komediante, asook Javier Munoz van Hamilton, en ’n meisie die tweestryd tussen Clinton en Trump uitgelig.

“Trump’s endorsed by David Duke! His tiny hands might get a nuke!” het Stewart gesing.


Intussen het heelwat kunstenaars op die stemdag-wa geklim. Volgens Huffington Post het Madonna mense Maandagaand tydens ’n akoestiese verrassingskonsert in New York se Washington Square-park aangemoedig om Dinsdag te gaan stem.

“Kom asseblief môre uit . . . Stem met jou hart, stem met jou kop, stem met jou gees, stem met jou siel,” het sy gesê.

“Red dié land, asseblief. Stem vir Hillary Rodham Clinton!”

Op Twitter was haar tydlyn vol ondersteuning vir Clinton.

“Verwelkom saam met my ons eerste vroulike president,” het sy Maandagaand getwiet.




Katy Perry het ook ’n video op Instagram geplaas om mense aan te moedig om vir Clinton te stem.

Selfs Lady Gaga het een van haar liedjies gevat en ’n video op Instagram geplaas waarin sy mense aanmoedig om vir Clinton te stem met die hutsmerk #VoteHillary.

#ImWithHer #Election2016 #GoVote #VoteHillary #MyVote

A video posted by #VoteHillary (@ladygaga) on


Die akteur en fliekregisseur Clint Eastwood, ’n groot Trump-ondersteuner, se Twitter-tydlyn is vol aanmoediging vir Trump.

“Ek stem, want president Trump sal Amerika red. Hillary sal net aanhou met haar betaal-om-te-speel-benadering, maar net op ’n groter skaal,” het hy Maandagaand getwiet

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.