Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nog ekstremistiese aanvalle in Amerika moontlik
Ondersteuners van Donald Trump op 6 Januarie vanjaar met die stormloop op die kongresgebou in Washington. Foto: Reuters

Daar is ’n groot moontlikheid vir ekstremistiese binnelandse terreur die komende paar weke in Amerika, het sy departement van binnelandse veiligheid Woensdag gewaarsku.

In die waarskuwing, waarin daar na geen spesifieke of geloofwaardige dreigement verwys word nie, maan die departement dat geweld kan uitbreek onder mense wat nog kwaad is oor oudpres. Donald Trump se verkiesingsnederlaag, en diegene wat geïnspireer is deur die stormloop van en aanval op die Amerikaanse kongresgebou.

Groot dele van Washington was verlede week met die inhuldiging van pres. Joe Biden feitlik ’n spookstad met 20 000 lede van die nasionale wag wat ontplooi is om wet en orde te handhaaf.

Sowat 5 000 soldate sal in die komende paar weke steeds in die stad ontplooi wees, sê amptenare. Trump kan binne die volgende twee weke weer deur die senaat in ’n staat van beskuldiging gestel word omdat hy daarvan beskuldig word dat hy die opstande aangehits het.

Trump het ná die verkiesing vir twee maande wyd verkondig daar was grootskaalse verkiesingsbedrog. Hy het kort voor die stormloop op die kongresgebou sy aanhangers tydens ’n vurige toespraak aangemoedig om te “baklei”.

Die departement sê in sy waarskuwing gewelddadige ekstremiste kan gemotiveer word om tot aksie oor te gaan wees woede oor die verkiesingsuitslae, die Covid-19-inperkings en die polisie se gebruik van geweld. Reeds bestaande rasse- en etniese spanning kan ook dryfvere wees vir gewelddadige aanvalle in die land. - Reuters

Meer oor:  Terreur  |  Amerika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.