Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nóg ’n fout met Boeing se 737 Max

Daar is nóg ’n fout gevind met Boeing se 737 MAX-vliegtuie wat dadelik reggestel moet word – en sommige van die vroeëre 737-vliegtuie word ook daardeur geraak.

Meer as 300 van die vliegtuie, sowel as sy vorige generasie, het moontlik ’n foutiewe klapspoor, en dit moet nou vinnig vervang word.

Die Boeing 737 MAX. Foto: Argief

Amerika se federale lugvaartadministrasie (FAA) het bekend gemaak dat daar verkeerde vlugklapspore op die vlerk is waarop die klappe loop wat met opstyg en landing ekstra stygingsvermoë of remvermoë gee. Die spore lei die klappe en is in die vlerk ingebou.

Volgens die FAA is die onderdele deur ’n verskaffer van Boeing gemaak, en die probleem betrek 179 MAX- en 133 van die ouer model NG-vliegtuie wêreldwyd. Die NG is die derde generasie 737 wat van 1997 af gebou is.

Die 737 MAX, Boeing se beste verkoper, word sedert Maart wêreldwyd op die grond gehou ná twee noodlottige ongelukke, een in Oktober verlede jaar in Indonesië en een in Maart in Ethiopië. 346 mense is in dié twee ongelukke dood.

Boeing het in ’n verklaring gesê hy is nooit van enige probleme met die een bondel klapspore ingelig nie. Hy het reeds 21 van die ouer model NG’s geïdentifiseer wat waarskynlik daarvan kon gekry het, en lugdienste sal nog 112 nagaan.

Die fout kan veroorsaak dat die klappe gouer as verwag ingee of kraak, het die FAA gesê.

Sou die spore in vlug breek, sal die vliegtuig nie neerstort nie, maar dit kan die vliegtuig beskadig. Die FAA sê die spore moet binne tien dae vervang word, maar vliegtuie kan nog in daardie tien dae vlieg.

Die FAA het oor die groter sagtewareprobleem met die MAX gesê hy het geen spesifieke spertyd om die vliegtuie weer toe te laat om te vlieg nie. Boeing moet ’n sagteware-opgradering en opleidingsvoorstelle aan hulle voorlê voordat hulle die FAA ’n toetsvlug kan onderneem of finale sertifikasiedokumente kan voorlê.

Intussen verloor lugrederye miljarde rande met hul 737 MAX’e op die grond. – Reuters

Meer oor:  Boeing 737 Max  |  Amerika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.