Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nóg 'n klag teen Christchurch-aanvaller

Die polisie in Nieu-Seeland het 'n klag van terrorisme teen Brenton Tarrant, wat aangekla word in verband met die aanvalle op twee moskees in Christchurch in Maart, aanhangig gemaak.

Brenton Tarrant
Brenton Tarrant

Tarrant, 'n Australiese inboorling, word reeds deur 51 aanklagte van moord in die gesig gestaar.

Daar is ook 35 aanklagte van poging tot moord teen hom. 

Hy het in Maart glo aanvalle op twee moskees in Christchurch geloods en met verskeie vuurwapens op kerkgangers losgebrand.

Die onmiddellike dodetal was 50. 'n Turkse man het aan die begin van Mei in 'n plaaslike hospitaal aan sy wonde beswyk.

Die aanval is regstreeks op Facebook uitgesaai.

Verlede week is die Christchurch-oproep tot Aksie, waarvolgens wêreldleiers en sakemanne in die tegniese beroepsveld ’n belofte gemaak het om die gebruik van sosiale media vir terreurdade te beëindig, geloods.

Dit is gedryf deur Jacinda Ardern, premier van Nieu-Seeland, wat saam met ander politici in haar land ook reeds daadwerklike veranderinge aan plaaslike vuurwapenwette begin maak het. – Reuters

Meer oor:  Christchurch  |  Nieu-Seeland  |  Christchurch-Aanval  |  Moskees  |  Moord  |  Skiet  |  Terreur  |  Vuurwapens  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.