Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nóg ’n Nigeriese skool geteiken: 150 leerlinge ontvoer
’n Betoging in 2014 nadat meisies by ’n skool in Nigerië ontvoer is. Foto: Reuters

Meer as 150 leerlinge is Sondag by ’n skool in Nigerië ontvoer, waartydens een persoon doodgeskiet is.

Volgens regeringsamptenare het gewapende mans die leerlinge Sondag by ’n Islamitiese skool in die staat Niger ontvoer.

Gewapende groepe wat ontvoerings vir lospryse pleeg, sit glo agter die reeks ontvoerings by skole en universiteite in die noorde van die land.

Minstens 700 leerlinge en studente is reeds sedert Desember ontvoer.

’n Woordvoerder van die polisie in Niger sê in ’n verklaring die gewapende groep het die dorp Tegina omstreeks 15:00 (Nigeriese tyd) op motorfietse binnegeval en die aanval geloods.

grafika

Volgens die polisie het die groep wild geskiet en die leerlinge van die Salihu Tank-skool ontvoer.

Die eienaar van die skool, Abubakar Tegina, wat 150 m van daar af woon, het aan Reuters gesê hy het die aanval sien gebeur.

Volgens hom het swaargewapende mense op 20 tot 25 motorfietse die skoolterrein binnegery en 150 of meer leerlinge ontvoer.

Hy kon egter nie die presiese getal leerlinge of hul ouderdomme verskaf nie, maar volgens hom het die skool sowat 300 leerlinge tussen die ouderdomme van sewe en 15.

Die kantoor van die goewerneur het bekend gemaak dat een persoon in die aanval doodgeskiet is en nog een ernstig gewond is.

Volgens dié kantoor is 11 van die kinders wat ontvoer is, weer vrygelaat omdat hulle glo “te jonk is en nie kon stap nie”.

’n Groep passasiers in ’n bus is ook Sondag ontvoer. Reuters


Meer oor:  Nigerië  |  Ontvoering  |  Losprys  |  Skoolkinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.