Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nóg 'n sikloon op pad na Mosambiek

Nog ’n sterk tropiese sikloon is op pad na die suidooste van Afrika se kusgebied en sal na verwagting Mienguleia in die Cabo Delgado-provinsie van Mosambiek Donderdag tref, volgens die Wêreld Meteorologiese Organisasie (WMO).

Die storm, wat Kenneth gedoop is, het Woensdagoggend teen ’n spoed van 120 km/h beweeg, volgens Mbavhi Maliage van die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

“Daar word verwag dat die storm oornag in ’n tropiese sikloon gaan ontaard.”

Mosambiek probeer nog tot verhaal kom, nadat die tropiese sikloon Idai die land in Maart getref het. Minstens 600 mense in die land is dood, terwyl die dodetal in die streek op 1 000 geraam word.

idai, Mosambiek
Oorstroomde gebiede naby Beira, Mosambiek nadat Idai die land in Maart getref het. Foto: Reuters

Meer oor:  Mosambiek  |  Idai  |  Tropiese Storm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.