Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nog soldate na Bagdad ontplooi ná aanval op VSA-ambassade
Burgermagte en ander betogers brand vure, gooi klippe en betoog Dinsdag buite die Amerikaanse ambassade in Bagdad, Irak. Foto: Reuters

Nóg Amerikaanse soldate word na die Amerikaanse ambassade in Bagdad ontplooi nadat dié ambassade Dinsdag onder betogers en burgermagte deurgeloop het.

Pres. Donald Trump van Amerika het gesê hy hou Iran verantwoordelik vir die aanvalle en dat Iran dié aanvalle georkestreer het.

“Iran het ’n Amerikaanse kontrakteur vermoor, baie ander is gewond. Ons het met mag gereageer, soos altyd. Nou orkestreer Iran ’n aanval op die Amerikaanse ambassade in Irak. Hulle sal verantwoordelik gehou word. Irak moet sy verantwoordelikheid nakom en sy mag gebruik om ons ambassade te beveilig,” het Trump gesê.

Amerikaanse amptenare, wat slegs op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, het aan Reuters gesê ’n klein getal soldate sal na die ambassade ontplooi word. Volgens nog ’n amptenaar het twee Apache-helikopters oor die ambassade gevlieg as ’n “magsvertoon”.

Amerikaanse soldate staan op die dak van die Amerikaanse ambassade in Bagdad, Irak. Betogers het Dinsdag die ambassade aangeval en toegang tot ’n ontvangslokaal gekry en dit aan die brand gesteek. Foto: AP

Die Amerikaanse departement van buitelandse sake en die Withuis wou nie onmiddellik reageer op vrae of die Amerikaanse ambassadeur en ander personeellede Dinsdag na veiligheid gebring is nie. Duisende betogers en burgermagte het teen die hekke om die ambassade gebeur in woede uit Amerikaanse aanvalle in Irak.

Die betogers kon nie toegang tot die hoofgebou van die ambassade kry nie, maar het ’n veiligheidspos by die ingang bestorm en aan die brand gesteek. Amerikaanse soldate het met traanrook en skokgranate die betogers verwilder.

Klippe is na die hekke gegooi terwyl daar gedreunsing is “Nee, nee, Amerika! Nee, nee, Trump!”. – Reuters

Meer oor:  Irak  |  Bagdad  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.