Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Noord- en Suid-Korea se samesprekings vorder goed
Lede van die Verenigde Nasies, asook Suid- en Noord-Koreaanse weermagoffisiere woon 'n vergadering by in Panmunjom. Foto: The Defense Ministry/ Yonhap/via Reuters

Noord -en Suid-Korea het Dinsdag hul eerste gesprekke gevoer oor hoe om die grens te demilitariseer, sê ’n woordvoerder van Suid-Korea se departement van verdediging.

Hulle het verlede week saamgestem om weer spoorlyne en paaie te verbind ten spyte van Amerika se waarskuwings.

Volgens Amerika kan die vinnige herstel van betrekkinge tussen die twee lande druk op Noord-Korea om sy kernwapens prys te gee, ondermyn.

Reuters berig Dinsdag se vergadering volg op die beraad in September tussen Noord- en Suid-Korea waar die twee lande ooreengekom het om onder leiding van die Verenigde Nasies (VN) die beste manier te vind om hul grens te demilitariseer. Die VN hou toesig oor die niemandsland wat die twee lande skei.

Op die vergadering tussen kol. Burke Hamilton, sekretaris van die VN se wapenstilstandskomitee, en senior weermaglede van albei lande is die verwydering van landmyne op die grens bespreek.

Indien dit suksesvol afgehandel is, sal wapens verwyder en wagposte gesluit word.

Meer oor:  Verenigde Nasies (Vn)  |  Suid-Korea  |  Noord-Korea  |  Wêreld  |  Politiek  |  Samesprekings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.