Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Noord en Suid voer militêre gesprekke

Die weermagte van Noord- en Suid-Korea het gister vir die eerste keer in meer as ’n dekade regstreeks met mekaar gepraat.

Twee generaals van elke weermag het vergader net ’n paar dae nadat pres. Donald Trump van die VSA op sy beraad met Kim Jong-oen van Noord-Korea onderneem het om die gesamentlike gevegsoefeninge van die Amerikaanse en Suid-Koreaanse magte te staak.

Donderdag se gesprek het in die dorpie Panmoenjom in die gedemilitariseerde gebied tussen die twee lande plaasgevind.

Genl.maj Kim Do-gjoen (links) en lt.genl. Ahn Iel-san skud hand voordat hulle gister met amptelike gesprekke begin het. Foto: Reuters

Die vergadering tussen die generaals sou aanvanklik in Mei plaasgevind het, maar is toe afgestel. Noord-Korea het geweier om daarmee voort te gaan uit protes teen die voortsetting van die VSA en Suid-Korea se gevegsoefeninge.

Trump se eensydige belofte dat die oefeninge gestaak sal word, het Suid-Korea onkant betrap, maar sy amptenare het gister
gesê dit is die regte stap totdat gesprekke met Noord-Korea gevoer word.

Lt.genl. Ahn Iel-san, een van Noord-Korea se afgevaardigdes, sê die gesprek is vroeër afgestel weens ’n “wind van voor”, maar in die toekoms sal hulle struikelblokke met wedersydse begrip en in die gees van die Singapoer-beraad oorkom.

Genl.maj. Kim Do-gjoen van Suid-Korea sê hulle sal ook ’n oop telefoonlyn tussen die twee lande se weermagte bespreek. - Reuters

Meer oor:  Pres. Donald Trump  |  Kim Jong-Oen  |  Suid-Korea  |  Noord-Korea  |  Politiek  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.