Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Noord-Korea en China bespreek ‘opregte vrede’

Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, en pres. Xi Jinping van China het ’n verstandhouding bereik oor die kwessies wat hulle dié week op ’n beraad in Beijing bespreek het.

Hulle het onder meer oor die verwydering van kernwapens op die Koreaanse skiereiland gepraat, berig Noord-Korea se staatsmedia.

Kim en Xi het ook Kim se vergadering met pres. Donald Trump van Amerika bespreek.

Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, en pres. Xi Jinping van China het die afgelope twee dae in Beijing, die hoofstad van China, vergader. Foto: Reuters

Kim het onderneem om met Chinese amptenare saam te werk om “opregte vrede” te bewerkstellig in die proses om ’n “nuwe toekoms” vir die Koreaanse skiereiland te skep.

Xi het aan Kim gesê die gesamentlike pogings sal beslis vrede en stabiliteit op die skiereiland kan bewerkstellig, het Xinhua, China se amptelike nuusagentskap, berig.

“Ek het vertroue dat die twee lande se verbeterde verhouding albei lande en hul mense kan bevoordeel,” het Xi gesê.

Kim het ook aan Xi gesê die twee lande het mekaar in die verlede al “soos familielede gehelp”.

Kim se twee dae lange besoek aan Beijing het Woensdag tot ’n einde gekom. – Reuters

Meer oor:  Kim Jong-Oen  |  China  |  Noord-Korea  |  Samesprekings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.