Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Noord-Korea se Kim wys gesig

Kim Jong-oen, Noord-Korea se leier, het nie ’n operasie of enige ander mediese behandeling ondergaan nie.

Só sê ’n Suid-Koreaanse amptenaar te midde van bespiegeling oor Kim se gesondheid, selfs nadat hy weer in die openbaar gesien is.

Noord-Korea het Saterdag gesê die leier het Vrydag die opening van ’n bemestingfabriek naby Pjongjang bygewoon.

Dit was sy eerste openbare verskyning sedert 11 April.

Op die foto’s glimlag Kim en praat met sy bondgenote op die lintknip-seremonie en die toer deur die fabriek.

Op videomateriaal op staats­televisie lyk Kim se beenbewegings styf en onvas.

Die egtheid van die foto’s op die webtuiste van die amptelike koerant Rodong Sinmun kon nie vasgestel word nie.

Dit is nie die eerste keer wat Kim (36) vir ’n taamlike tyd uit die openbare oog verdwyn het nie.

Hy is in 2014 vir ses weke nie gesien nie. Hy het daarna met ’n kierie geloop of is in ’n elektriese karretjie vervoer.

In die beeldmateriaal wat Saterdag beskikbaar gestel is, is hy ook in so ’n karretjie gesien.

In nog ’n verwikkeling het die twee Koreas in die gedemilitariseerde sone tussen die twee lande op mekaar geskiet.

Die regeringsamptenaar het nie redes vir die skietery gegee nie.

Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, Saterdag by die voltooiing van ’n bemestingfabriek noord van Pjongjang.Foto: Reuters

Noord- en Suid-Korea het Sondag oor ’n landelike wagpos op mekaar geskiet net ’n dag nadat Kim die fabriek besoek het.

Verskeie geweerskote is van Noord-Korea af na ’n wagpos in Suid-Korea gevuur, het die Suide se gesamentlike stafhoofde in ’n verklaring gesê.

Suid-Korea het daarna twee geweerskote na Noord-Korea geskiet. Geen ongevalle is aangemeld nie.

Noord en suid is tegnies steeds in ’n staat van oorlog, want hul konflik van 1950-’53 het in ’n skietstilstand, en nie ’n vredesverdrag nie, geëindig.

Volgens ’n amptenaar by Suid-Korea se gesamentlike stafhoofde lyk dit nie asof die geweervuur ’n beplande uitlokking was nie.

Die Amerikaans geleide VN-bevelstruktuur wat toesig hou oor die versterkte gedemilitariseerde sone, sê hulle werk saam met die stafhoofde om die situasie te evalueer.

Die VN-bevelstruktuur sal vandag ’n deeglike ondersoek doen om te bepaal of daar ’n oortreding van die wapenstilstand-ooreenkoms was en sal die verslag aan die betrokke owerhede oorhandig wanneer dit voltooi is.

Tsjoi Kang, visepresident van die Asan-instituut vir politieke studies, sê die vermoede is dat die tydsberekening van die uitlokking toon dat dit beplan kon gewees het om aan te toon dat Kim steeds in beheer van Noord-Korea se weermag is. – Reuters

Meer oor:  Kim Jong-Oen  |  Noord-Korea  |  Gesond  |  Gesondheid  |  Korona  |  Siekte  |  Gerugte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.