SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Wêreld
Noordelike Halfrond ‘vergaan’ van die hitte

Dit is die soort hittegolf waaroor wetenskaplikes gewaarsku het gaan die gevolg wees van aardverwarming.

Daar was reeds ’n rekord aantal hittegolwe die somer op al vier vastelande in die Noordelike Halfrond. Boonop is die hoogste temperatuur sedert die 1800’s Maandag in Japan gemeet.

“Die uitwerking van klimaatsverandering is nie meer subtiel nie”, sê Michael Mann, wetenskaplike en direkteur van die Earth System Science Center aan die Penn State-Universiteit, berig CNN.

'n Werker staan voor 'n waaier by die New National-stadion in Tokio wat onder konstruksie is vir die Olimpiese Spele in 2020. Foto: Reuters

“Ons sien dit in die vorm van ongekende hittegolwe, oorstromings, droogtes en veldbrande. Ons sien dit al die hele somer”, sê hy.

Die kwik het Maandag in Koemagaja, ’n stad sowat 65 km buite Tokio, tot 41,1 °C gestyg.

Volgens ABC11 Eyewitness News het dit die vorige rekord van 41°C oortref wat in Augustus 2013 by Ekawasaki, ’n eiland by Sjikokoe, gemeet is.

CNN berig dat ander lande in Oos-Asië ook onder ’n hittegolf gebuk gaan. ’n Rekordtemperatuur van 40 °C is in Noord- en Suid-Korea gemeet. Meer as 40 mense is weens die hitte in Japan dood en tien in Suid-Korea.

Temperature in die Skandinawiese lande, Swede, Finland en Noorweë het tot bo 32 °C gestyg.

Intussen ervaar Brittanje ’n ongekende droë somer te midde van ’n hittegolf wat nog tot Vrydag gaan voortduur met temperature van meer as 30 °C.

Meer oor:  Hittegolf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.